Die bruid

  • 0

Rooi sandwalms verf vlekke op geleende rok
as sy in bruidsgewaad,
verswelg in tienerwellus,
in die namiddagson aanslof kerk toe.
Die donkie is vrek en
die busdrywer  te dronk.
Haar pa?

So lank gewag vir hierdie dag …

Leeg gehuil en gewroeg
oor hoe haar sawwe lewe nou gaan draai,
draai sy ook blindelings die toekoms in.

Duiwe  is die enigste getuies in ‘n bloekombos,
waar sy
om drie-uur
swanger aan die ewigheid hang.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top