Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap

  • 6

Op Saterdag 24 Maart het ’n paneelbespreking oor die rol van die Bo-Kaap in die ontwikkeling van Afrikaans by die Kasteel die Goeie Hoop plaasgevind. Danny Titus het die bespreking, aangebied deur die ATKV, gefasiliteer. Die sprekers was Max du Preez, Faika Haroun, Doria Daniels, Gava Kassiem en Fatima Allie.

Kyk hier na die foto’s.

  • Lees ook die LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel “Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850” (2012) deur Archie Dick. In hierdie artikel word meer vertel van die eerste Moslemskool, koplesboeke, imam Tuan Guru, die verspreiding van Islam, ghoemaliedjies en Arabies-Afrikaanse skrifte.

Kasteel die Goeie Hoop

Die ingang van die Kasteel

Die Kaapse Moslemgemeenskap en Arabiese Afrikaans

Max du Preez het in sy bespreking verwys na twee historiese figure in die Kaapse Moslem-gemeenskap wat prominente rolle in die vestiging van die Arabiese Afrikaanse skryftradisie in die Bo-Kaap gespeel het: imam Abdullah Kadi Abdus Salaam, oftewel Tuan Guru (“Mister Teacher”), en Abu Bakr Effendi.

Om hulle prominente rol binne historiese konteks te plaas, volg hier ’n kort bespreking van die geskiedenis van die vestiging van die Kaapse Moslemgemeenskap in die Bo-Kaap. Arabiese Afrikaans word ook bespreek.

  • Die Kaapse Moslemgemeenskap

In 1658 het die VOC slawe na die Kaap gebring; so het die eerste groep Moslems in die Kaap aangekom. Die Bo-Kaap se oorwegend Moslem-gemeenskap was teen die 1930’s goed gevestig.

Bo-Kaap

Atlas Trading Company

Die Bo-Kaap Museum

  • Wat is Arabiese Afrikaans?

Volgens Achmat Davids is Arabiese Afrikaans die Kaapse Moslem-variëteit van Kaapse Afrikaans (’n gekreoliseerde Nederlands) wat in Arabiese skrif geskryf is. Teen 1815 het Afrikaans Maleis as die onderrigtaal in Moslemskole (madrassas) vervang, en teen die 1840’s was Arabiese Afrikaans in hierdie skole goed gevestig as onderrigmedium.

’n Bladsy van ’n 1860-studentenotaboek met transkripsie en vertaling

  • Wie was Tuan Guru?

Tuan Guru, ’n prins van die Ternate-eilande in Oos-Indonesië, is in 1780 as politieke banneling na die Kaap gebring. Hy was vir 13 jaar ’n gevangene op Robbeneiland (in die 1770’s het hy die sogenaamde Nederlandse indringers in Indonesië teengestaan). Tydens sy aanhouding het hy die Koran uit sy geheue geskryf. Hy het ook ’n manuskrip in 1781 hier saamgestel: die Ma`rifat al-Islām wa ’l-Imān was die hoofhandboek van die eerste Moslemskool (sien onderstaande paragraaf) en was ’n prominente godsdienstige teks onder die Kaapse Moslem-gemeenskap tydens die 19de eeu.

In 1793 het Tuan Guru die eerste Moslemskool (Dorp Street Madrasah) gestig. Hy was die eerste imam van hierdie eerste opvoedkundige instelling van die Kaapse Moslems. Hy het gevolglik die eerste moskee, die Auwal-moskee, in 1795 gestig weens die groei in studentegetalle. Die skool en moskee was die eerste instellings van die Kaapse Moslem-gemeenskap. Teen 1842 was Islam die godsdiens van ’n derde van die bevolking in Kaapstad.

Die oudste moskee in die Bo-Kaap

Binne die Auwal-moskee is meer inligting oor Tuan Guru te vinde.

Tuan Guru is begrawe in die Tana Baru-begraafplaas in die Bo-Kaap. Tana Baru is die oudste Moslem-begraafplaas. Ook Abu Bakr Effendi is hier begrawe.

’n Gedenksteen van Tuan Guru in die Tanu Baru-begraafplaas

  • Wie was Abu Bakr Effendi?

Abu Bakr Effendi, ’n teoloog gebore in Turkse Koerdistan, het Uiteensetting van die  godsdiens geskryf. Hierdie 1869-teks is ’n Kaaps-Hollandse vertaling van Bayān al-Dīn (Exposition of the religion) en is binne die Kaapse Moslem-gemeenskap versprei. Effendi is in 1862 deur die Kaapse regering na die Kaap gebring as ’n godsdienstige raadgewer (rakende meningsverskille tussen plaaslike imams in die Kaapse howe). Effendi se boek is die eerste gepubliseerde Arabiese Afrikaanse boek. Hierdie boek is in 1869 voltooi en in 1877 in Turkye gedruk.

Lees ook op LitNet en Voertaal:

Afrikaans: the language of dissent

Afrikaans: 10 kitsfeite

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Die vrystelling van slawe: Pniël-gemeenskapsmuseum – "Ons storie"

Die vrystelling van slawe, uit die argief: Ons slawe-erfenis – 'n Foto-toer


 

Bronne

  • Bo-Kaap Museum
  • Davids, Achmat. 2011. The Afrikaans of the Cape Muslims. Pretoria: Protea Boekhuis.
  • Gosselink, Martine, Maria Holtrop en Robert Ross (reds). Good Hope: South Africa and the Netherlands from 1600. Rijksmuseum, Vantilt Publishers, 2017.
  • Jansen, Ena. “Afrikaans: a language on the move.” In Good Hope: South Africa and the Netherlands from 1600, geredigeer deur Martine Gosselink, Maria Holtrop en Robert Ross, ble 335–43. Rijksmuseum: Vantilt Publishers, 2017.
  • Odendaal, Beatrix Gertruida. “Die herstandaardisering van Afrikaans: ’n Praktiese benadering met die AWS as gevallestudie.” Doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch, 2012. SUNScholar. http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/71820.
  • Van Rensburg, Christo. So kry ons Afrikaans. Pretoria: Lapa, 2012.

Fotoblad 

Achmat Davids word erken as “die man wat bewys het dat Afrikaans eerste deur Moslems gepraat is”.

Van links: Sharifa Daniels, Doria Daniels, Gava Kassiem, Faika Haroun, Danny Titus, Fatima Allie en René Arendse

Danny Titus

Faika Haroun het oor die moppie/comic gesels.

Doria Daniels het meer vertel oor die rol van taal en kultuur in vroue se pogings om inkomste vir hulle families te genereer.

Max du Preez het meer vertel van sy ouma se stammoeder, Pieternella van die Kaap (Krotoa se dogter). Hy het ook die belangrikheid van Moslem-tekste in die geskiedenis van Afrikaans, sowel as die rol van die Moslems, slawe en die Khoi in die vestiging van die kreoolse taal Afrikaans, beklemtoon.

Gava Kassiem het bepleit dat Standaardafrikaanssprekers wat nie wit is nie, erken word: “Ek praat Standaardafrikaans, nie Afrikaaps nie, maar ek is ‘anderskleurig’.”

Gava Kassiem demonstreer “die twee uiterste pole van Afrikaans: aan die een kant ‘To hell with Afrikaans’, en aan die anderkant ‘Afrikaans sal bly’”. Sy het die vraag gestel: “Waar staan ons?”

Fatima Allie het meer oor haar familie in die Bo-Kaap, en hoe sy haar pad terug na Afrikaans gevind het, gesels.

Fatima Allie en haar familie van die Bo-Kaap

  • 6

Kommentaar

  • Annora Eksteen

    Dit is so verblydend om te sien hoe geliefd ons pragtige kleurryke taal onder sy sprekers is. Daar is ook 'n gay-vriendelike moskee in Kaapstad wat Imam Muhsin Hendricks begin het: en ek is seker onder die wat dit bywoon, sal daar ook Afrikaanssprekendes wees.

  • Op “Die tale wat ons praat” nou die dag op RSG het hulle oor Afrikaans in Namibië gepraat. Dit kom toe uit dat die bruin en swart sprekers in Afrikaans verkies ook Standaardafrikaans.

  • Afrikaans is 'n regte mengelmoestaal (Kreools) en het ryk geskiedenis van groei en aanpassing. Ongelukkig is dit gekaap deur wit nasionaliste in die vroeë twintigste eeu en het mettertyd die spreektaal van onderdrukking geword. Vandag sukkel Afrikaans om ontslae te raak van daardie stigma. Of die taal kan oorleef is 'n oop vraag. Die toekoms daarvan hang af van die gebruik deur bruin en in 'n mindere mate swart gemeenskappe. Wittes het dit misbruik vir eie gewin en soos ' n waterput wat besoedel is, sal 'n ander bron gevind moet word vir Afrikaans se voortbestaan.

    • Johann Basson

      Weens wêreldwye grootskaalse menseverhuisings gaan "Royal British Empire English" ook 'n kreoolse mengelmoestaal word met 'n menigde verskeidenheid dialekte wat mag insluit Kaaps-Afrikaans, Oranjerivier-Afrikaans, Gariep-Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, Nama-Afrikaans, Boere-Afrikaans, Karretjiemense-Afrikaans, Zulu-Afrikaans, Portugees-Afrikaans, Zimbabwe-Afrikaans, Nigerië-Afrikaans, Shangaan-Afrikaans, Khoikhoi-Afrikaans, San-Afrikaans, Spaans-Engels, Latyns-Amerikaanse Engels, Mandaryns-Engels, Xhosa-Engels, Republian English en wharra, wharra, wharra. En ons nageslagte mag dalk almal koperkleurig wees en die nuwe "World Society English" praat!

      So, waarom al die haarklowery? Die verlede is so dood soos 'n dodo. Lank lewe die toekoms met sy uitdagings! Kom ons wees sout vir die mensdom en lig op die toekomspad vir 'n beter toekoms vir al ons nageslagte. Kom ons fokus saam op die probleme van wêreldwye ongebreidelde bevolkingsaanwas en die gebrek aan skoon drinkwater!

  • Adams se mening oor Afrikaans is baie aanvegbaar. Die Duitse nazis het hulle misdade teen die Jode en die res van die wêreld begaan terwyl Duits hulle voertaal was. Ons vra nie vandag dat Duits afgeskaf moet word nie. Kyk net wat die Engelse dwars oor die hele wêreld as kolonialiste ter wille van hulle British Empire alles aangevang het. Wil Adams Engels ook afskaf?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top