Die ander vrou by SASNEV

  • 0

Op Woensdag 4 September het Kristel Loots en ST Potgieter, ’n kliniese sielkundige, ’n baie interessante gesprek gehad oor “die ander vrou” – die onderwerp van Kristel se jongste roman.

Daar is heelwat gelag tydens die onderhoud.

Kristel Loots saam met Woordveertjiewenner en kinderboekskrywer Elizbé van der Colff

ST Potgieter met Juliana Louw van Bargain Books in Willowbridge en ST Potgieter se dogter

Die gesprek het by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) plaasgevind. Die sentrum het die grootste aantal Nederlandstalige tekste in die Suidelike halfrond. Die publiek word hier verwelkom. Op dié foto is Nomfundo Landu, Eureka Barnard (die hoof van SASNEV)  Lineke Pasman. Hulle drie maak seker dat alles klop.

Agterna is koek en koffie bedien.

Koffie, koek en klets is altyd ’n goeie kombinasie.

Willem en Kristel Loots
ST het al ’n hele paar boeke die lig laat sien. Sy nuutste is Pitkos wat by Naledi verskyn het.

Daar was heelwat mense, onder andere het ’n aantal leeskringverteenwoordigers opgedaag.

Heel regs is Marietjie Albrecht van die VLV

Baie mense het die geleentheid bygewoon ...
... en hier is nog lesers van Kristel se boeke.


Titel: Die ander vrou
Skrywer: Kristel Loots
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799359374

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top