Die aanslag van Tinnitus, die Oordonderaar

  • 3

Misterieuse suising van
bruisende bloedbranders
druis teen die oorskulp en
buise van Eustacius
slaan vas
draai om
en kom weer
vanuit 'n ander rigting afgepyl
op die kraakbeen van die skelet
en skedel.

Aanhoudende aanslag van ouderdom
aan't knaag en kalwer
aan die
sandsteen van been.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top