Delikaat
Delikaat. Jy kon haar deur ’n ring trek. Sy het by ’n Estee Lauder-toonbank gewerk, skoonheid van vervloë dae met ontnugterde oë. Sy het ’n walm gehad van gekneusde hoop en skerp parfuum, dalk om ’n ander een te verbloem. Op ’n gewone Saterdagoggend vat sy haar man se BMW en ry volspoed in ’n muur vas. Die lugsak kneus haar verder maar die heelal wil hê sy moet voortgaan. Fier en seningrig soos ’n oud-ballerina, maar met stiller oë en ’n sterker walm.
Kommentaar
Wow! Treffend verby!
Baie dankie Linda xxx
Hierdie is 'n "solar plexus"-hou in skryf. Uitmuntend!
Baie dankie Willie xxx