Deborah laat die poppe dans!

  • 0



Titel:  Poppekas
Skrywer: Deborah Steinmair
Kategorie: Fiksie (Spanningsroman)
Formaat: Sagteband: 129 x 198 mm
Bladsye: 256
ISBN: 9780799355208
Prys: R170,00 
Publikasiedatum: Maart 2012

Poppekas is gewis een van die interessantste en onvoorspelbaarste novelles wat ek die afgelope tyd (in Afrikaans) gelees het. … ’n hoogs leesbare teks wat die argetipiese konvensies van die sogenaamde formuleliteratuur parodieer én verpulwer; bestaande grense uitdaag en tradisionele leesverwagtings ondermyn. ’n Aweregse speur-cum-liefdes-cum-wetenskapfiksie-cum-misdaadriller wat sigself nie te ernstig opneem nie. – Thys Human 

Wiesa is ’n sub in die nagkantoor van ’n dagblad. Sy kan nie versin nie. Sy skryf om by die waarheid uit te kom. Te veel vreemde en onheilspellende dinge gebeur en sy begin dagboek hou daarvan. Waar is Harm? Wat gaan aan in die boonste verdiepings van die mediatoring? Sy durf die korporatiewe reus kaalvuis aan en verruil haar woordeboek vir karate-kata's, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies.

Deborah Steinmair is vryskutjoernalis, resensent en skrywer. Sy debuteer in 2003 met ’n Engelse digbundel, A See-Through Suitcase (Genugtig! Uitgewers). In 2006 volg Jans Rautenbach se Memoirs, ook by Genugtig!, in 2008 die koffietafelboek Jo Roos, Sculptor, en in 2010 haar debuutroman, Marike se laaste dans (Human &Rousseau), wat gunstig deur resensente ontvang is. Die titel is bekroon met die Woordfees Woordtrofee vir beste debuutwerk, met die Jan Rabie-Rapportprys vir vernuwende prosa, en was ook op die kortlys vir die M-Net-prys.

Poppekas is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top