| Karaoke: Afrikaans se swart gat |
Riku Latti
Hallo ouens van LitNet
Nie dat jul nog 'n opinie oor die saak nodig het nie, maar here goes....
Ek merk op dat mense in die post-apartheid SA bietjie oor die voortbestaan van Afrikaans struggle. Net om later gerusstellende (myns insiens ontstellende) verklarings te hoor dat mense nie moet worry oor die voortbestaan van Afrikaans nie, want syfers toon dat Afrikaans deur 'n bloeitydperk gaan - meer boeke, CD’s, advertensietyd, whathaveyou word in Afrikaans verkoop as enige ander offisiële SA-landstaal.
Maar ai, nou kom vat jonges mense aan soos Koos Kombuis op jul site, mense wat nog nie eers genoeg geleef het om te sien wat werklik waardevol is om na te streef nie.
Laat ek 'n ompad loop... Ek stem saam, Afrikaans gaan deur 'n bloeitydperk. Ongelooflike hoeveelheid bloed, in fact. Iemand iewers was so besorg oor Afrikaans dat hul begin het op die leuse "enige iets solank dit Afrikaans is" te versprei. Of soos daai walglike "Praat Afrikaans of hou jou bek" t-hemde. Jammer, maar dis vir my onaanvaarbaar. Ons hemel niksseggende snert op net omdat dit Afrikaans is? Wat?! Daai era moet nou end kry.
Fok Afrikaans as sy meer belangstel oor haar eie oorlewing as enige iets anders. 'n Taal wat floreer in getalle en bankbalanse omdat almal super gewilde snert kwytraak wat oral toeganklik is, is nie noodwendig vir my cool nie. Ek is lief vir Afrikaans, selfs al is my eie Afrikaans geradbraak, soos Chris Chameleon my al beskuldig het, maar ek is lief vir die feit dat Afrikaans mooi en sterk aangewend word.
Goed, ek verstaan dat kultuur en kuns iets is wat aan 'n elitist groep behoort (ek glo nie dat dit heeltemal waar is nie, want ek voel Afrikaanse kultuur nou is die swakste wat dit in jare was (sedert die 'bloeitydperk') terwyl ek wonderlike goed sien gebeur onder swart kulture in SA (wat histories nog armer is die Afrikaner)) en daarom is dit nie so krisis dat goeie Afrikaanse kuns nie gewild is nie. Maar wat vir my onaanvaarbaar is, is dat die gewilde kunsvorme/karaoke so ongelooflik veel aandag deur die Naspers geniet dat alles anders wat effe verfynd is, doodstik in die nadraai van hul doef-doef.
Dit is nie vir my aanvaarbaar dat karaoke status as kunsform geniet nie (miskien in Japan, ja). Dis afskuwelik, Afrikaanse kunstefeeste verkeer in 'n krisis agv sulke kak. Fine dat die ouens gewild is en doen wat hul mag doen - dit wat Naspers aanwaai en versprei kan niemand help nie, die ouens het geen verantwoordelikheidsin nie, hul stel net belang in verkope. Rande en sente, daarom verskyn karaoke "kunstenaars" op die covers van al hul tydskrifte en koerante - "want hulle verkoop tydskrifte (ek dog dis die kaalvoetkinders op straat se job)".
Ek raak hartseer en bitter as ek dink dat Breyten nie eers meer bereid is om in Suid-Afrika te publiseer nie, maar verstaan dit goed. Breyten behoort Madiba-heldstatus in Suid-Afrika te geniet. Hy is immers. Maar wie het die voorreg om hul leë koppe nog leër te maak met niks, snert en iets minders? Al die wenners van Idols en ander karaoke kompetisies wat dubbelblad exposure in geldgierige publikasies geniet. Face dit, hierdie ouens het niks om te sê nie, hul is meer bekommerd of hul levi-tags op hul foto shoots mooi uitkom sodat hul sponsorship kan kry.
So iemand moenie vir my kom vertel dat Koos Kombuis 'n ou toppie is wat opsy geskuif behoort te word om plek te maak vir die lee-kop snerte met groot egos, groter CD-verkoopsyfers en wille hairdos nie.
Sorry, maar Willem en daai ander ouens, ek weet nie eers wie julle is nie, julle is vir my niks voor jul nie minstens 'n tiende van die bydrae gelewer het wat Kombuis gedoen het nie.
Groete aan al die res Riku Latti
Brief versag – Webvoet
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|