Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Godsdiens
Zappa
2006-10-20 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Dis verbasend hoeveel van die briewe hier nie verby die vlak van Std. 3 godsdienstige denke kom nie.
 
Die stelling dat die mens nodig het om te glo byvoorbeeld. Ek glo nie. Sal ook nooit nie. Wat mense probeer doen is om die wêreld om hulle te verklaar.  Die Aurora Borealis byvoorbeeld. Die inboorlinge van Noord-Amerika het geglo dat dit die siele van ongebore kinders is wat speel. Vandag weet ons dat dit veroorsaak word deur die “solar wind”. Net ‘n fanatikus sal byvoorbeeld vandag nog glo dat die Ster van Bethlehem deur god gestuur is en nie net ‘n komeet was nie. Dieselfde fanatikus sal dan in sy mou lag oor die Romeine geglo het dat komete tekens van slegte nuus is terwyl hy vir sy kinders die storie van die Bethlehemster as die waarheid voorhou. Nader aan die huis is dit vir my amusant hoe Christene baie te sê het oor die swart tradisies om beeste te slag terwyl hulle gereeld maak asof hulle Jesus se bloed drink.
 
Ateïste glo ook nie dat daar nie ‘n God is nie. Ons sê dat daar geen verifieerbare bewyse bestaan vir die bestaan van God nie. Neem nou byvoorbeeld Delicious Monster se briefie oor die gebede. Wat ‘n absolute hoop gemors. Hoekom wonder ek is dit nodig om na ‘n dokter toe te gaan as jou kennisse jou sommer kan reg bid. Gaan die dokter nie meer sy rekening lewer nie? Hoekom het julle nie sommer die gewas uit haar kop gebid van die begin af nie? Sou heelwat geld gespaar het.
 
As ek more sou begin rondloop en goed sê en beweer dat ek deur pers eenhorings beveel is om dit te doen sal julle my toesluit. Wanneer mense egter beweer dat God met hulle praat, maak ons hulle dominees.
 
Die geloofsdebat is uiteindelik geen debat nie, maar ‘n gesprek tussen mense wat verkies om nie te dink nie en mense wat bewyse wil hê. Wat my laat wonder hoekom dit hoegenaamd plaasvind. Die rede is eintlik eenvoudig. Die nie-denkers probeer voortdurend hulle lewenswyse op ander afdwing, soos nou weer by die PUK. Gevolglik is dit waar dat ons nie vry is van godsdiens nie, omdat veral Christene nie bereid is om hulle godsdiens privaat te beoefen nie.
 
Zappa


Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




The Dean's concert @ Wits
Vryheid van spraak as 'n voorwaarde vir die demokrasie
Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur met hul Lekker

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Gerda-Marié Viviers
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur