Oom Daan
In hierdie berig, haal Beeld die nasionale polisiehoof as volg aan:"Volgens Cele kan die impak wat die polisie op die getal onwettige wapens in omloop maak, gesien word in die toename in mesmoorde. "Misdadigers wend hulle nou weer tot Okapi's (messe), nie omdat dit hul wapen van keuse is nie, maar omdat ons die lewe vir hulle moeilik maak." Die toename in mesmoorde is bepaald goeie nuus, Bheki! As julle nou net kan voortbou op die goeie werk en die messe ook konfiskeer, kan ons een van die dae daarna uitsien om met bakstene of bottels doodgeslaan te word! Oom Daan NS O ja, ek trek my onlangse opmerkings oor die Britse sokkergeesdriftiges se mesvaste baadjies terug. Daardie ouens het hul vinger op die pols.
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|