| |
 |
| Die Suid-Afrikaanse polisie en metropolisie |
Altruïs
Vir diegene wat gisteraand nie Carte Blanche gekyk het nie, was daar ‘n insetsel oor hoe vreeslik baie gevalle nou opduik waar die publiek deur polisie en veral metropolisielede aangerand word. Ek het omtrent ‘n oorval gekry, want die insident is vreeslik naby aan waar ek bly. ‘n Wit vrou het laataand huis toe gery en is afgetrek. Die metroman beweer alle voertuie daardie tyd van die aand is verdag. Hulle het haar erg mishandel. Sy is gearresteer, en sy het verstaan in Sotho dat hulle gesê het hulle gaan haar Mamelodi toe vat en "haar ‘n les leer". Nou vra ek jou - waarom vind ‘n swart man dit nodig om ‘n wit vrou ‘n les te gaan leer, as rassisme nie die dryfveer is nie? Wat ek wel weet, uit ondervinding, is die kwaliteit metropolisiebeamptes wat aangestel word, van die swakste denkbaar is. Dit is ongelooflik om te weet hoeveel metromanne in Pretoria het kriminele rekords. Baie van hulle word ondersoek vir bedrog, aanranding en ontvoering, maar geskors? Nooit gesien nie, hulle is steeds in diens. Vir die wat soos Francois dink dat wit rassiste die oorsaak is, dink weer. Hulle het al die mag. Alles. Daar was tye toe ons gesê het, as ‘n polisiekar jou probeer stop, ry dan net na die naaste polisiestasie toe. Dit werk nou ook nie eens meer nie. Die metropolisie het haar na die stasie geneem, en die SAPS lede daar het net gestaan en toekyk hoe sy aangerand word. Wat staan mens te doen? As hulle jou aftrek, het jy probleme; as jy wegjaag skiet hulle jou; as jy na die naaste stasie ry - word jy of geskiet of aangerand en/of gearresteer. Dit lyk vir my al hoe meer soos Zim! Altruïs
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|