| Valentyn-sterrekyk by die Taalmonument |
Die Magelaanse wolke is die tema van die sterrekykaand by die Taalmonument op Saterdag 13 Februarie, die aand voor Valentynsdag. Gaste sal van 20:00 tot 23:00 deur teleskope na bekende konstellasies en planete kan kyk onder leiding van lede van OOG (die Orion Observasie Groep), 'n informele sterrekunde-klub van die Boland.Die aand skop af met 'n piekniek vanaf 18:00. Besoekers kan hulle eie piekniekmandjies saambring of Volksmond Koffiewinkel se spesiale Valentynspiekniekmandjie bestel teen R120 vir twee persone, met 'n bottel vonkelwyn ingesluit (tel. 021 863 2800 of e-pos volksmond@taalmonument.co.za). Geen sterrekykaand sal plaasvind indien die weer sleg is nie. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Bespreek by tel. 021 872 3441 of 082 729 2716 (ook vir weernavrae). Gaste word aangemoedig om verkykers saam te bring. Geen honde of vure word toegelaat nie. Daar sal veilige parkering en toegangsbeheer by die hek wees. Die laaste sterrekykaand vir die seisoen vind op Saterdag 13 Maart plaas wanneer Saturnus en sy ringe van nader beskou sal word. Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, besoek www.taalmonument.co.za of skakel 021 872 3441.
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|