Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 978-0-7981-5115-3 Prys: R175 | Somersneeu Helene de Kock Hoe lank neem dit om die lewe baas te raak? Rouke Bruwer en sy geliefde Karina Kirstein vind gou uit dat die lewe wonderbaarlik soet én bitterlik kompleks is. Eens op ’n tyd was hulle bestem vir mekaar … maar kan geliefdes ooit, as daar ’n afstand tussen hulle gekom het, die horlosie terugdraai? Dikwels mors Afrika met van sy mooiste kinders. Klik hier en koop jou eksemplaar van Somersneeu nou van Kalahari.net! |
Uitgewer: Tafelberg ISBN: 978-0-624-04775-9 Prys: R295 | Goed om te weet: Dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners Hans Büttner en George Claassen Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra. Goed om te weet sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wêreld. Klik hier en koop jou eksemplaar van Goed om te weet nou van Kalahari.net! |
Uitgewer:Tafelberg ISBN: 978-0-624-04812-1 Prys: R300 | Reisiger Elsa Joubert Die tweede deel van Elsa Joubert se outobiografiese tweeluik is ’n lewensverhaal wat soos ’n roman lees. Dit begin waar sy as vyf-en-twintigjarige haar eerste alleenreis aanpak, ’n tog wat haar deur Afrika na Europa neem en die begin vorm van haar lotsgebondenheid met hierdie kontinent, dié “boeiende, donker, onbekende ding” wat haar haar lewe lank getrek het. Reisiger gee ’n eerlike kyk op die lewe van Elsa Joubert en werp lig op die onuitwisbare ervarings wat aanleiding daartoe gegee het dat sy is wat sy is en daarom geskryf het soos sy geskryf het. Klik hier en koop jou eksemplaar van Reisiger nou van Kalahari.net! |
Uitgewer:Human & Rousseau ISBN: 978-0-7981-5120-7 Prys: R150 | Van Zuma tot Zille en ander politieke kaperjolle Fred Mouton “Sekere mense teken so lekker, jy hoop hulle bly vir altyd lewendig, want hulle het gesigte wat ’n mens kan waardeer.” Dié nuwe versameling met die beste uit Fred se pen volg op die sukses van sy versamelbundel, Laat daar lig wees, verlede jaar. Van Helen Zille tot Jacob Zuma en vele ander bekendes – soos Steve Hofmeyr en Carl Niehaus – loop onder sy deurdringende dog altyd humoristiese pen deur. “Fred het die vermoë om die kwesbare plek van sy politieke teiken sekuur te vind en dit spottenderwys aan die kaak te stel.” – Ken Vernon in sy boek oor Suid-Afrikaanse spotprenttekenaars, Penpricks Klik hier en koop Van Zuma tot Zille en ander politieke kaperjolle nou van Kalahari.net! |
Uitgewer:Tafelberg ISBN: 978-0-624-04823-7 Prys: R390  | The Afrikaners Hermann Giliomee Die nuwe, bygewerkte uitgawe van die topverkoper oor die geskiedenis van die Afrikaners. Internasionaal bekende historikus Hermann Giliomee verken die redes vir die Afrikaners se opgee van mag en hul pogings om saam met ander minderhede vir die Grondwet te veg, asook hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma. Klik hier en koop The Afrikaners nou by Kalahari.net! |
Uitgewer:Human & Rousseau ISBN: 978-0-7981-5123-8 Prys: R154.95 | Die Knal-lekkerste Wetenskapboek in die heelal deur die Slimkoppies Claire Watts, Liza Swerling en Ralph Lazar Die heelal is ’n enorme laboratorium! Die Slimkoppies ondersoek die wetenskap agter alles wat om ons gebeur. Vind uit wat kruip in donker materie weg, waarom niemand jou in die ruimte kan hoor gil nie, en hoe presies ’n mens ’n atoom splits. Ontmoet ’n klomp superhelde van die periodieke tabel. Gaan dan na ’n chaotiese restaurant met chemiese reaksies op die spyskaart! Dis ’n ontploffing van wetenskaplike lawwigheid! Klik hier en koop Die Knal-lekkerste Wetenskapboek in die heelal deur die Slimkoppies nou van Kalahari.net! |