Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Anton Barnard: Orania herbesoek
Thinus Nel
2010-02-03 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Anton, aangesien PRAAG weier om my onderstaande brief aan jou te publiseer, hoop ek jy lees dit hier.

Ek dink SM Biehl se kommentaar op my vorige Orania-Obamaskrywe getuig van soveel gesonde verstand dat dit nie as gevolg van die oënskynlik vlietende aktualiteit van internetgeskrifte ongesiens verlore mag gaan nie; hy skryf:

"Uitstekend. Jy slaan die spyker op die kop. Uiteindelik is die volkstaat-debat na baie jare se stilte weer aan die gang. Wil ons die foute van die verlede herhaal (1994-1999), toe die geleentheid daar was en die verskillende volkstaters onder mekaar baklei het waar dit moet wees? Die demografie het reeds besluit, en die feite op die grond. Die ANC-regering het ook reeds aangedui dat die Noordwes-Kaap opsie vir hulle legitiem is (minister Valli Moosa). Dink iemand ernstig 'n regering sal hulle hoofstad afstaan? Ongeag hoeveel Afrikaners in Pretoria bly en hoeveel sentimente daaraan gekoppel is (en ek het dit ook en is ook 'n oud-Pretorianer), geen regering sal sy magsentrum prysgee nie. As jy van iemand 'n pont vleis eis, of 'n stuk van sy liggaam, wat sal hy eerder vir jou gee, sy hart, of sy kleintoon?

Laat ons nie nou weer die kans op selfbeskikking laat verbygaan deur al weer die gevegte van die verlede te veg oor die grondgebied. Dit is duidelik dat dit of in die Noordwes-Kaap of nêrens sal wees nie. Ons is in 2010, nie meer 1980 nie."

Verder wil ek graag op Anton Barnard se dooddoener-vraag aan my (en johanneksteen) reageer deur hom na laasgenoemde se antwoord daarop te verwys, maar voordat hy in onkunde weer sanik dat ek hom nie antwoord nie, die volgende:

Ek het dit in my oorspronklike brief duidelik gestel dat ek géén opdrag van Orania het nie en ek is dus nié 'n Orania-fên (sic) nie.

Hy is egter nie die enigste een wat gebruikmaak van sulke niksseggende, dooddoener-vrae en stellings waarmee hulle alle verdere bespreking en debat probeer fnuik nie. 'n Baie bekende een is: "Apartheid het nie gewerk nie en sou nooit gewerk het nie - daarom móés ons verander ... "

Vandag is dit méér as duidelik dat apartheid nie net die oplossing vir SA was nie, maar vir die hele Westelike halfrond en as mense dit nog nie besef nie, sal hulle oë binne afsienbare tyd oopgaan - altans in die sekulêre Frankryk en die res van Europa - wanneer dit, helaas, ook te laat sal wees.

Hoe dit ook al sy, aangesien niemand so blind is soos dié wat nie wíl sien nie, so doof soos dié wat nie wíl hoor nie en so dom soos dié wat nie wíl verstaan nie, sal ek aan hom verduidelik:

Ek woon nie in Orania nie, omdat daar nog nie genoeg werksgeleenthede is dat Afrikaners in hulle duisendtalle op die plek kan toesak nie. As hy bekend is met die begrip "werkskepping" ("job creation, stupid" - selfs Obama het al daarvan gehoor ... ), dan sal hy besef dat dít prioriteit nommer een is; vandaar dan ook die poging om Europese nywerheidsproduksiemasjiene na Orania oor te plaas - waaroor hy natuurlik nog steeds so stil is soos 'n muis in 'n kalbas.

Ek het wél via my kontakpersoon (wat tans verkies om anoniem te bly) verneem dat sy Vlaamse kennis hom intussen meegedeel het dat daar ook hout- en metaalbewerkingsmasjinerie beskikbaar is teen baie billike pryse en dat die inligting opgevolg word.

Wat die oorspronklike metaalpersmasjiene betref, kan ek op hierdie stadium rapporteer dat my kontakpersoon, 'n Vlaamse medewerker en die Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging op 18 Maart 2010 om 10h00 in Brussel 'n afspraak het met die hoof uitvoerende beampte van die betrokke metaalpersfabriek.

Sedert ek Gustav Venter, Anton Barnard en Dan Roodt 'n ruk terug "genomineer" het as driemanskapleiers", moet ek nou toegee dat ek spyt is daaroor.

Van eersgenoemde hóór 'n mens nie meer nie en laasgenoemde twee openbaar deesdae iets wat grens aan haat vir doodgewone Afrikanereienskappe. Anton Barnard verfoei die behoudende ooms en ouderlinge wat (tereg) bang was TV sou morele waardes ondermyn.

Ek weet nie hoe goed hy die uitnemende Frankryk ken nie, maar ék kan hom die versekering gee dat ek dit al die pad sal verkies om onder die morele waardes van die ooms en ouderlinge van Orania te krepeer, soos in die Ou SA.

Ek verneem graag van hom hoe oud hy was met die invoering van TV in SA in die jare 1975/76 en, weer eens, op welke manier sý vryheid van meningsuiting in die Ou SA deur die regering aan bande gelê is.

Net soos hy nie kan onderskei tussen die begrippe "geloof" en "godsdiens" nie, kan hy ook nie onderskei tussen werklikheid en verbeelding nie - vandaar sy heftige bestorming van onbestaande windmeule, byvoorbeeld wanneer hy johanneksteen beskuldig van 'n persoonlike aanval. Dit is inderwaarheid hý wat mý en johanneksteen persoonlik aangeval het - nie dat ek my daaroor bekla nie.

... en aan diegene wat so snedig, vyandig en hatig is teenoor mense wat SA verlaat het:: in die trekgeskiedenis van die Afrikaner, eers van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap en daarna, met die Groot Trek, het die oorgrote meerderheid nie die moed van hulle oortuiging gehad om pad te gee onder 'n Afrikanervernietigende regime uit nie - die trekkers wél.

Daar lê so-by-so te veel van my bloed en 'n beduidende deel van my linkerbeen in die bosse van Suid-Angola om my verder aan kabouters en kansvatters te steur.

Thinus Nel

 



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




Organiser of the first ever Midlands Meander Literary Fes
Aria! Opera vir almal
ComArt Heritage Festival - a celebration through music, f

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Burgert A Senekal
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur