Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Rosendal-Liefdesfees

2010-01-27 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Raak verlief op Rosendal in die natuurskone Oos-Vrystaat! Kom sluit van 12 tot 14 Februarie by die Rosendallers aan vir 'n viering van sy mense, die plek en van sy produkte.

Rosendal bied 'n vol program aan wat afskop met die Vaaltyn-parade, 'n feestelike optog om die Rosendal-liefdefees mee in te lui. Almal word genooi om deel te neem - bring jou uitspattige kostuum, jou marsjeerorkes of jou spesiaal versierde vlot! Die parade begin op 12 Februarie om 19:00 by die Ou Handelshuis en Koffiestoep en beweeg na Mautse vir 'n besa nama - 'n tradisionele township-vleisbraai by die Blue Moon Tavern!

Saterdag is daar meer as 20 wonderlike nutskuns- en kosstalletjies in die middedorp. Koop jou voos aan die verskeidenheid van krale, handgemaakte skryfpapier, sandsteenkerfwerk, organiese kaas, konfyte en ingemaakte vrugte en groente - die lys hou net nie op nie! En jou middagete kan enigiets wees van worsrolletjies, smaaklike sosaties tot 'n ietsie van die spitbraai af. Jy kan ook by die Koffiestoep of die Rosendal Country Retreat, beter bekend as "die hotel".

Word vermaak deur stokvegters, pantsoela-dansers en veel meer. Geniet 'n perderit in die majestueuse berge. Ry op 'n perdekar deur ons lieflike dorp, stop by Johanita se nuwe Melkstal, waar jy heerlike plaaslike melk en ander plaasprodukte kan koop. Woon die opening van Marinda du Toit se Johanna Brand-sandsteenskuur by, met 'n opwindende uitstalling van beeldhouwerk en kunsdrukwerk, of doen inkopies by Alicia se nuwe leefstylwinkel, Emmers & Rose.

Kom om 17:00 na die Meerkatkolonie vir die opening van Michèle Nigrini en Dahla Hulme se Italië-uitstalling. Michèle en Dahla se toer van ses weke lank verlede jaar deur Italië met sy skouspelagtige landskappe en stadstonele het hulle geïnspireer om hul liefde vir Italië met ons te deel deur foto's, skilderye, sketse en kunsdrukwerk.

Teen 18:30 is dit tyd vir Six Love by die tennisbane. Hierdie installasieteater-stuk is spesiaal vir die Rosendal-liefdefees geskep deur performance art-kunstenaars Diek Grobler en Marinda du Toit. Six Love is 'n visuele teaterstuk oor die broosheid van die mens se hart, die waansin van die liefde en gedisorganiseerde sport. Dit gaan gewis 'n unieke ervaring wees.

Die aandete is 'n buffetete in die Koffiestoep, 'n spitbraai by die stalletjies of 'n ete by die hotel.

Die dag word om 21:00 in die Rosendal-teater afgesluit met 'n optrede deur die indrukwekkende Karen Zoid. Zoid is vir baie mense sinoniem met emosioneel gelaaide, opruiende Suid-Afrikaanse rockmusiek. Zoid gaan egter daardie Vrydag niks terughou nie. Sy gaan ons 'n voorsmakie van Valentynsdag gee met liefdesballades én rockliedere. Dit sal haar derde optrede in die teater wees en, te oordeel aan haar vorige optredes op Rosendal, gaan mense tot baie laat partytjie hou.

Sondag herstel almal. Geniet 'n smaaklike ontbyt by die hotel of Koffiestoep, of gaan dalk dié keer op 'n perderit in omliggende berge.

Hierdie onvergeetlike naweek gee sy laaste buiging wanneer akteur Chris van Niekerk om 11:00 in die teater 'n gevoelvolle voorlesing van Afrikaans en Engelse liefdesgedigte gee soos net hy kan.

Sluit dan jou naweek die middag gemoedelik af met 'n rustige Valentynsdagete by die Koffiestoep of hotel.

BESPREKINGS
Huisvesting - www.rosendalinfo.co.za , of bel 058-2110620 (kantoorure)
Koffiestoep-buffetete - 058-2110902
Sondag-etes - 058-2110902 en 058-2110872 of 0788019460 (Esmeralde)
Perderitte -0725912348 (Jaco)
Karen Zoid - 058-2110902
Alle ander kaartjies is op die fees te koop.



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



Organiser of the first ever Midlands Meander Literary Fes
Aria! Opera vir almal
ComArt Heritage Festival - a celebration through music, f

Word 'n Vriend van SĂȘNet

Read more about Carel van der Merwe
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur