Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
die Sommelier

2010-01-19 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Inhoud
Lev Engelbrecht het uitgetree as agent in die intelligensiediens. Maar hulle laat hom nie so maklik ontsnap bos toe nie, waar hy alleen met die natuur en sy liefde vir wyn kan genees. Hy is menssku en moeg; slegs sy amp as wynkenner (sommelier) bied iets bestendigs. Figure uit sy verlede verskyn en die internasionale intriges span hom vas. Die roman ontbloot nie slegs die stryd van 'n voormalige geheime agent nie, maar skets ook die labiele staatstoestande en disfunksionele politiek in 'n ge¬spanne wêreld. Heelwat van Suid-Afrika se eie komplotte kom op die lappe, veral rondom die gesoute agent Oosterbeek en die aanvallige Jane Turnbull.
(A5, 250 pp, R140-00 insl BTW)

Die skrywer
GP Terblanche het 'n meestersgraad in politieke wetenskap en ondervinding in intelligen-siewerk.Hiernewens het hy 'n onblusbare passie vir wyn. In sy debuutroman bring hy hierdie elemente byeen in 'n meesleurende spioenasieverhaal wat in die era van Bush en Mbeki afspeel.

Publisiteit
Die boek is op permanente uitstalling by die Boekerij van die Huis vir Afrikaanse poësie in Pretoria en is te koop by die winkel Graffiti in die Kolonnade-sentrum. Dis ook op lg. se webwerf te sien. Dit het in November 2009 verskyn en word tans bemark en vir resensering voorgelê.

ISBN 978-0-9814399-1-4

Uitgewer
Rosslyn-Pers, Posbus 93895, Boordfontein 0201; inkie@lantic.net Tel/Faks (012) 549-0179 Sel 082 347 4658/ 083 532 2696.



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


The Dean's concert @ Wits
Vryheid van spraak as 'n voorwaarde vir die demokrasie
Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur met hul Lekker

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about JB Roux
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur