| |
 |
| Bly of gly? SA se toekoms lyk donker II |
Heinrich B Zaayman
Dus, met Eskom se verhogings, belasting vir onder andere die SABC, belastingfinansiering van die Munisipale gemors, wegholinflasie, 'n dalende Rand en 'n negatiewe betalingsbalans - wat gaan oorbly van middelvlak Suid Afrikaners se hoë lewenstyl? Groter armoede beteken groter rede vir kriminaliteit en dus nog meer misdaad. Die ANC en sy ondersteuners het nog altyd gedroom daarvan dat SA volwaardig deel word van Afrika. Hulle het eers probeer om die staatsdiensamptenare almal swart te maak, deur BEE-vereistes aan die privaatsektor te stel, toe het hulle begin straat- en plekname verander. Maar dit het nie heeltemal gewerk nie, want die ekonomie het nog staande gebly. Nou het hulle egter die resep gekry, en na 2010 se sokker extravaganza, gaan SA se verval met erns begin en gaan dit regtig deel word van Afrika. Ons het so 'n paar jaar terug op 'n hogere dinee vir 'n senior ANC-amptenaar gevra of hulle nie bekommerd is as standaarde so agteruitgaan nie? Sy antwoord was: "Nee, dit kan maar agteruitgaan tot op 'n vlak waar dit vir ons maklik bestuurbaar is." Dit is soos Afrika werk. Solank die maghebbers lekker lewe, kan die mense maar swaarkry en sukkel. Miskien moet al die lojaliste net weer dink voor hulle onvoorwaardelik in die NSA bly sit en hoop en droom oor beter dae. Die beter dae is reeds verby, en nou word die water regtig warm. Heinrich B Zaayman
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|