| |
 |
| Die konvensionele, Dieannerou, die kontra-kulturele, en Oertel |
Murph R van der Merwe
Ek kan nie glo dat mens in vandag se dag en datum nog tevrede kan wees om onder vaandel van oranje, blanje en blou te dink nie. Hoe de fok redeneer "Dieannerou"? Prof Jansen het pas nadat hy amptelik as rektor ingehuldig is ‘n hand van versoening na die Reitz-vier gereik en grondverskuiwende aankondigings oor transformasie en koshuisdissipline op die kampus gemaak. Die Reitz-vier het kak aangejaag en het/moes die verantwoordelikhede van hul dade gedra het - ek glo hulle het alreeds ‘n goeie dosis pis gesluk, vir wat hulle aangevang het! Weereens besef ek opnuut dat jy nie genade verstaan nie. Miskien moes jy daai pis gesluk het, en as Jonathan Jansen sy hand na jou toe uitsteek, moet jy dit asseblief wegklap, want dit is presies wat jy deur jou oningeligte sinsnedes doen. Hoe kan jy so lafaard wees? Jonathan Jansen is onherroeplik die regte persoon om die Universiteit van die Vrystaat te lei. Jansen is oortuig dat die toekoms van die onderwys en die gemeenskap in ons Suid-Afrika sal afhang van 'n ander soort leierskap as dié wat ons vandag het, en in die verlede gehad het! Ek stem 100% met hom saam. Ek haal Prof Jansen met groot vrymoedigheid uit vanoggend se Beeld aan: "Dit is die leierskap van adv Bram Fischer, wat hom nie net vir die vryheid van alle Suid-Afrikaners beywer het nie, maar ook protes aangeteken het teen die sentiment van sy volk, terwyl hy terdeë besef het dat hy, ten beste, verwerp en, ten slegste, vervolg sou word." Konvensionele leierskap vereer net die stam; kontra-kulturele leierskap omarm die ganse mensdom! - Jonathan Jansen Dieannerou, skrik ‘n slag - dié keer net fokken wakker! Murph R van der Merwe
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|