Neil Kroese
Murph Sorrie swaer, ek kan glad nie onthou dat ek hoegenaamd so ’n sms ontvang het nie. Dalk moes jy gelui het. Ek vermoed jy was hier in die winter, aka rugbytyd. Dan kry jy my nie met ’n zol chronic weg van my TV nie! Oor Dorpstraat Teater. Ons het egter net ophou gaan omdat dit eenvoudig te duur begin raak het en omdat daar wening nuwe shows verby gekom het. Toegegee dit was 4 jaar gelede, baie kon seker intussen verander het. Bly steeds ’n jammerte as die plek moet sluit. Ek was toevallig deel van die patrons wat daar was toe hy in 1997 sy naam gekry het. Dit was mos eers Gi-Gi's Bistro gewees tot Fanie-hulle die plek oorgeneem het. Daar het so ’n aanvallige dame genaamd Annelie Oosthuisen gewerk. Sy het die plek se naam verander en ook met die oorspronklike teater-idee vorendag gekom. Een van die eerste shows wat ek daar gesien het, was Gert Vlok Nel en so ’n teaterstuk met Jan Ellis-hulle in. Dié se naam kan ek nie onthou nie. O ja en Dowwe Dolla was ook daar. Baie van my swaar verdiende cash is in die sakke van die onderskeie eienaars wat die plek gehad het sedert 1997. As jy weer die rigting kom, mail my dat ons plan kan maak. Groete Neil Kroese
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|