| |
 |
| Vye, stoepe, Rock & Roll & Rolbal vir Neil Kroese |
Murph R
Beste Neil, Tydens ons onlangse besoek aan Suid-Afrika, en meer spesifiek die familie in Proteavallei, het ek besluit om John-Henry Opperman se kabaret-vertoning in die dorpstraat teater te gaan ondersteun - en sommer ook om my Püpspas kollega Riaan Diedericks se skêr Marie-Louise Pretorius te gaan groet. Ek het jou ook ge-sms met ‘n amptelike uitnodiging om saam met my aan ‘n Chenin Blanc van jou keuse te kom hang, maar ek kon jou nie eers daarmee lok nie. Sou lekker gewees het om uiteindelik saam te kuier! Dit was ‘n aangename ‘show' - nie heeltemal my koppie tee nie, maar het die komiese staaltjies, lirieke en ‘n goed deurdagte produksie op die einde van die aand baie geniet (het ek jou al gesê dat die nuwe album van die Straatligkinders wel my hare agteruit blaas?!). Is hartseer om te sê dat die Dorpstraat ‘teater' slegs halfvol was en wonder of dit op die einde van die dag maar nie tog die rede is waarom sy deure sal sluit nie - nie net as gevolg van Opperman se show nie, maar heel sekerlik ook verskeie ander kunstenaars wat op die einde van die dag ook maar vir die leë swart yster stoele moes gesing het ... Dit bleik of my debuut in die Dorpstraatteater ook my laaste ene sou wees Ek wou nie die wyn mors nie; Gelukkig kon Marie-Louise die ander helfte van die Chenin Blanc gebruik, want daai plek se drank is kak duur. Vasvat,Murph R NS Aangeheg 3 foto's as bewys dat ek ook eenmaal daar was ... 

Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|