Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Barend J Toerien: tot siens, jou ou skilpad
Herman Lategan
2009-09-07 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

My ou digtersvriend uit my jeug is dood. Ek was 19 jaar oud toe ek hom ontmoet het. Nou is ek 44. Dis nogal 'n lang tyd. Ek wil nie te veel nou oor hom skryf nie omdat ek op 'n later stadium, as ek eers sy dood verwerk het, meer sal vertel van hierdie besonderse mens.

Maar toe ek 19 was, het ek geen geld gehad nie. Ek het op die genade van ander mense geleef. Albei my ouers was alkoholiste (nou dood) en daar was dae waar ek letterlik geen kos gehad het om te eet nie.

As die honger erg was, kon ek altyd by Barend gaan aanklop. Dan het hy groente gekook: soetpatat, beet, rys, en vleis. Hy het my liefde gegee, warmte en altyd 'n boek om te lees. (Terloops, hy was nie gay nie, dit was bloot in sy persoonlikheid, hierdie warmte.)

Hy het my Saul Bellow, Joan Didion, William Burroughs en baie ander op die ouderdom van 19 laat lees. Hy het toe nog in 'n blok woonstelle gewoon in Queen Victoriastraat, met die naam Holyrood. Die fotograaf Ronnie Levitan (vermoor), het die mooiste foto's van hierdie Art Deco-blok geneem.

Daar is so pas 'n fliek gemaak oor hierdie blok, The Satyr of Springbok Heights. Dit gaan binnekort by die Labia vertoon word.

Net langs hom het Sheila Cussons gewoon, in St Martini Gardens.

Verder op, 'n paar straatblokke, was daar Ina Rousseau.

Maar my punt is: hierdie man, totale onderskatte digter, het my gered van hongerte. As daar nie kos was vir my nie, het hy gekook. Ek sal dit nooit vergeet nie.

My hart is gebreek. Die ou skilpad is dood. Barend, jou ou skat, jy met jou lekker borde kos, ek gaan jou mis.

Herman Lategan



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




The Dean's concert @ Wits
Vryheid van spraak as 'n voorwaarde vir die demokrasie
Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur met hul Lekker

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Lucelle Hough
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur