Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Dan Roodt se nydige haat
Dan Fourie
2009-07-20 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Ek verwys na Dan Roodt se snert getiteld "De Klerk se Jongste Set" wat in Praag gepubliseer is.

Die man kan net eenvoudig nie van die verlede wegkom nie. Hy teer op al die foute van die verlede, waarsonder hy nie as 'n openbare figuur 'n bestaan kan maak nie. In baie van sy skrywes skemer sy haat vir die Engelse, sy haat vir die Swartes, sy haat vir Naspers, sy haat vir mede-Afrikaners wat van sy sieninge verskil, ens, deur. Sy steriele nydigheid bied niks opbouends of enigiets positiefs vir die Afrikaner nie. Nou wil hy oud-president De Klerk aanspreeklik hou vir alle Afrikaners wie sedert 1994 besteel, vermoor of verkrag is. Watter belaglike logika van 'n man wat 'n doktorsgraad het!

Die man is 'n embarrassment vir die Afrikaner. Ek het 'n sagte plek vir die VF+ op provinsiale en munisipale vlak (en die DA op nasionale vlak). Indien die VF+ hom enige pos aanbied, wees verseker hy sal die party meer skade berokken as om enige aanwins te wees, tensy hy nie "bekeer" nie, wat onwaarskynlik is.

Afrikanergroete

Dan Fourie



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




The Dean's concert @ Wits
Vryheid van spraak as 'n voorwaarde vir die demokrasie
Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur met hul Lekker

Word 'n Vriend van SêNet

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur