| Ondervindings en confessions: Sonja Badenhorst gesels met Marcia Moon |
Sonja Badenhorst
Groot gees en skrywer Leo Tolstoi het by geleentheid gesê: "Music is the shorthand of emotion." Maar hoe dra 'n musikant iets so persoonlik soos gevoelens, passie en emosie oor in elke noot en woord wat hy of sy in die wêreld uitstuur? Marcia Moon is een van min musikante wat wel oor dié unieke talent beskik. Tot 'n paar maande gelede was ek salig onbewus van Marcia Moon en onder die indruk dat ek al bykans alle Suid-Afrikaanse musiek gehoor het. Groot was my verbasing toe ek ontdek dat ek nie net verkeerd was nie, maar dat hierdie onontdekte en underrated sangeres met gemak vir 'n hele paar mainstream sangers (wat ek liewer nie by name sal noem nie) goed kan ore aansit. So hoekom het ons nog so min van Marcia Moon gehoor? Dalk juis omdat sy nie inpas in die mainstream is nie – en dis nie noodwendig 'n slegte ding nie. Inteendeel, sy beskik juis oor die bestanddeel wat kort in soveel van deesdae se massavervaardigde siellose musiek – passie en geloofwaardigheid.  Jou regte naam is eintlik Marcia Scholtz. Waar kom die verhoognaam Marcia Moon vandaan? Ek het ‘n simbool gekies wat my kuns weerspieël, een woord wat baie dinge sê. I’ve been walking with the gods and we’ve been talking about the odds, it seems I’m fine. Now I’m right about myself, I’ve kinda fallen off the shelf, now I’ll fly. Uit: “Fear & possibility of growth” (Gradual Awakening ) Jy is reeds 'n geruime tyd musikant en "paid your dues". Hoe het jou pad geloop tot waar jy nou is? Hoeveel tyd het jy? Ek en musiek stap actually van kleins af al saam, maar om myself te probeer vestig as ’n musikant, kom al jare. Dit het ook ‘n paar jaar gevat om te verstaan dat ’n mens nie net arriveer nie en dat sukses nie daarin lê nie - jy groei wel. Jou sangstyl herinner aan ’n tradisie van sterk female vocalists. Al is dit nie regverdig om jou te vergelyk met enigiemand anders nie (omdat jou musiek uniek is), herinner dit tog by tye aan bekendes Heather Nova, Sarah McClachlan en Tori Amos. Wie is jou grootste invloede en tot in watter mate? Singer/songwriter is die genre waartoe ek behoort, so enige singer/songwriter, of dit nou ‘n man of ‘n vrou is, inspireer my, maar ek het ‘n baie sagte plekkie vir Heather Nova, Tori Amos en Alanis. Dan is daar ouens soos Chris Cornell en Nick Cave. My local hero Albert de Vos en die legends soos Springsteen, Dylan en Billy Joel. My nuutste fassinasie is met ’n alternatiewe country sangeres, Neko Case. Ek identifiseer met skrywers wat oor hulleself sing. Ek hou van diep en donker, spookstories, mistiese goed en liedjies oor die psige en natuurlik een van my gunsteling-onderwerpe: vrouens. Ek het respek vir skrywers wat musiek as kuns sien, maar ek kan ook goeie popliedjies waardeer. We’ll start a fire, conversation takes us higher, it was something that was promised for many many years. Uit: “Angels” (Gradual Awakening) Oor die afgelope paar jaar is daar ’n groot toename in talentvolle Suid-Afrikaanse female vocalists en daar is ook ’n sterk kultuur van vroue-liedjieskrywers, veral in die Pretoria-omgewing. Dink jy hierdie groeiende kultuur skep ’n selfs groter “breeding ground” vir nuwe sangers? Ek hoop so. Ons musiek scene in Suid-Afrika is nog jonk in baie opsigte en is nou in ’n baie vrugbare tyd. Die laaste dekade het goeie female singer/songwriters gesien en dit groei nog steeds. Ek hoop net Suid-Afrikaners ondersteun hierdie tipe musikante meer of ervaar hulle musiek terwyl hulle optree, want wat nou in die local scene gebeur, is iets wat tien teen een deur ’n filmmaker vasgelê gaan word, jare nadat dit oorgewaai het. Hoe sou jy jou musiek definieer - is folk ’n gepaste beskrywing (maar tog met ’n bietjie van 'n edge)? Ek hou daarvan dat jy die woord "edge" gebruik. Ek sou sê singer/songwriter; ek verander baie my klank, though, van acoustic rock tot alternative pop tot alternative country. Ek dink alle singer/songwriter en acoustic-based musiek waar daar stories vertel word, is gebore uit folk, maar ek dink mens kry baie min regte folk-musiek op die scene. Jy het reeds in 2007 jou eerste CD, Gradual Awakening, vrygestel en is tans besig met 'n volgende CD. Gaan die formaat dieselfde wees as Gradual Awakening? Gradual Akwakening was 100 persent Engels. Omtrent die helfte van my liedjies op my volgende album is Afrikaans. Obsession and fear, seems to draw near to the place I call home, to the people I owe laughter to. Obsession and fear seems to interfere with my lifeline, my love, with the place where I used to rest so … Uit: “Obsession and Fear” (Gradual Awakening ) Jou lirieke is persoonlik en is ’n kombinasie van stories, ondervindings en confessions - as ‘t ware ’n storielyn van enigiemand se lewe. Is dit vir jou moeilik om jouself emosioneel te ontbloot of is dit ’n noodsaaklike deel van die proses? Om myself oop te maak is waaroor songwriting vir my gaan; dit is die tipe goed wat natuurlik uit my gevloei het met die skryf van Gradual Awakening. Ek het nou die dag deur ‘n boek geblaai, Dark Mirror. Die outeur meen dat singer/songwriters in hulle eie sielkundige en emosionele landskappe ingaan waar die meeste mense uitbly. Hulle het gewoonlik nie regtig ’n keuse nie, dis hoe hulle tick, en baie songwriters is gecurse/gebless met dit waarmee hulle sukkel. So, mense luister na ons musiek en ons vat hulle na hierdie diep plekke toe sonder dat hulle self hoef te gaan. Waar kan lesers jou CD's in die hande kry en meer uitvind oor jou shows? As hulle in die Kaap is, kan hulle my CD by Mabu Vinyl kry, Rhedestraat 2, Gardens. Verder moet hulle maar shows toe kom; ek het ’n MySpace page en ’n FaceBook Fanpage.
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|