| |
 |
| "Ons moet nie tot op hulle vlak daal nie" gedagtes vir prof Anton van Niekerk |
Chigurh
Geagte Prof Van Niekerk,
" .... dat ons nie moet toelaat dat ons as beskawing, in ons optrede en selfverweer teenoor moordenaars, afgetrek word na die vlak van hulle optrede nie."
Hierdie is sentimente wat nie uniek tot uself is nie, dit word ook deur ander doodstaf-opponente as die kruks van hul argument gesien. Die logika hieragter het my nog altyd ontwyk. Ek sou dink dat in die implementering van rasionele strafmaatreëls dit noodsaaklik is dat ons tot op die vlak van die misdadiger daal, of in enkele gevalle inderdaad styg. Die misdadiger is produk van sy samelewing (let wel, nie die samelewing nie). Waar gesin, skool en kerk gefaal het, gaan "korrektiewe dienste" nie nou wonderbaarlik 'n "victory of persuasion over force" teweeg bring nie.
Die misdadiger doen deur sy dade vrywilliglik afstand van beskaafde norme en waardes. Die feit dat ons op ons beurt onwrikbaar aan 'n beskaafde etos probeer vasklou en nie bereid is om die misdadiger te straf op 'n wyse wat vir hom sal sin maak nie, maak ons as't ware impotent.
"Ons mag nie tot op hulle vlak daal nie."
Volg ons hierdie etos omdat ons die misdadiger werklik effektief wil straf, of omdat ons beter wil voel oor onsself en die wêreld?
Chigurh
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|