Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
DONDERDAG; 06/12/07, TWEEDE UITGAWE
Melt Myburgh
2007-12-06 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

As jy nie lus is vir stry oor geloofsake, mense se vieslike taalgebruik of die stand van misdaad in die land nie, kan jy ontvlug in Katvrou se lekkerlees-brief waarin sy vertel van haar ervaringe saam met die groep, Sonsteek.

Soos wat die Kat-antie se brief illustreer, is video’s en veral DVD’s die in-ding as jy jouself wil bemark. En dit geld nie net vir sangers en tokelosse met kitare nie. Kabous Verwoed het byvoorbeeld onlangs 'n DVD uitgereik waarop sy poësie gekombineer word met musiek van een of ander rock-groep (Kabous, laat weet!).

Ek sou graag wou sien dat Afrikaanse gedigte soos musiekvideo’s “geskiet” en op TV gebeeldsend word. Dink net hoe opwindend so ʼn onderneming dié genre kan maak.

Onlangs het ek Chris Chameleon se nuutste DVD, Flight of an Extraordinary Alien, onder oë gehad. Hier kan jy ons inwonende musiek-ghoeroe, Theunis Engelbrecht, se indrukke van dié besonderse DVD lees.

Omdat my nekwerwels ʼn chiropraktisyn se onverdeelde aandag behoef, kan ek nou nie juis soos ou Theunis op maat van die “vinnige liedjies” aan die ruk en rol gaan nie. Maar vir ʼn romantiese siel soos ek is daardie “Groet”-liedjie, wat as bonus-snit op die DVD ingesluit is, alte pragtig.

Om die waarheid te sê, dis vreeeeeeeeeeslik mooi.

As jy nie weet wat om vir jou zolkop-seun of lesbiese dogter hierdie Kersfees in die kussingsloop te gooi nie, sou ek sê dat Die Verkleurmannetjie se Flight of an Extraordinary Alien net die regte medisyne is. Dalk is jy gelukkig en beland die helsems op die Damaskuspad – uit pure dankbaarheid teenoor Mammie en Pappie.

Tot môre!


Melt Myburgh

Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




The Dean's concert @ Wits
Vryheid van spraak as 'n voorwaarde vir die demokrasie
Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur met hul Lekker

Word 'n Vriend van SêNet

Read more about Trienke Laurie
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur