Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Gilbert Gibson (1963 -)

2007-11-07 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Gebore en getoë
Gilbert John Gibson is in 1963 op ’n plaas naby Marquard in die Oos-Vrystaat gebore en het daar grootgeword. Sy pa, William Francis Parker (Willie) Gibson het moeite gedoen om die jong Gilbert te stimuleer. Toe Gilbert in standerd 4 was, neem sy pa kennis dat hy van gedigte hou en bestel digbundels van Marlene van Niekerk en Antjie Krog deur die pos. Hy roep vir Gilbert uit die Kinderkrans om dit vir hom te gee toe die bundels met die pos aangekom het. Sy eerste verse is reeds toe hy nog ’n skoolkind was, in Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.

Gilbert word baie godsdienstig groot en saans sing hy, pa Willie en ma Rina - sy susters is baie ouer as hy - en doen huisgodsdiens. Gilbert het dus ’n ingebore sin vir religie – die Bybelse inhoud is steeds vir hom ’n verwysing en die ritme en rites word in sy gedigte opgevang.

Verdere studies en werk
Gilbert studeer medies aan die Universiteit van die Vrystaat, spesialiseer in interne geneeskunde en praktiseer vandag as internis in Bloemfontein. Sy pa se oupagrootjie, dr James Gibson van Winburg, was van die eerste artse op die Vrystaatse platteland. Om dokter te wees is dus in sy bloed, hoewel hy glo "dokters het nie ’n goeie reputasie met letterkunde nie”, aangesien ’n mens nederig moet wees om te skryf en dokters “in beginsel slimmig, beterweterig, kompleks” is.

Die plaas by Marquard, waar hy jare laas was – sy oupa en sy pa is reeds oorlede en sy ma het weggetrek – en die Vrystaatse slagvelde, wat baie van die gedigte in sy eerste bundel Boomplaats (Tafelberg, 2005) se titels is, is metafore wat hy inspan. Hy is ook baie bewus van die “swarigheid” van die verlede: “Die landelike geskiedenis van die Vrystaat is ’n swaar geskiedenis.”

Gilbert se voorgeslagte is nou verweef met die geskiedenis. Sy pa se oupa, William Francis Parker Gibson, was ook die eerste blanke wat by die Slag van Ladysmith verwond is. Daarna is hy na die konsentrasiekamp by Winburg, waar hy dood is. Frederik Schnehage, dr James Gibson se skoonpa, was by Boomplaats betrokke. Hy is ná die Slag van Boomplaats ter dood veroordeel omdat hy op sir Harry Smith geskiet het. Boomplaats is ook “die plek van die bome”. In die Bybel was Golgota die plek van die bome en in die ou Engelse Bybel praat hulle van die kruis as ’n boom. “Die gedig is tekenend van my storie, van jou vervaging van self, die liefde in God, die hunker na dit wat die woord nie kan sê nie.”

In 2005 ontvang Gilbert met Boomplaats die Proteaprys vir die beste digbundel wat in 2005 verskyn het. Boomplaats was ook op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. In 2007 verskyn Gilbert se jongste bundel, Kaplyn, wat volgens hom baie moeiliker ontstaan het as sy eerste bundel.

Publikasies:

’n Keur van artikels oor en deur Gilbert Gibson op die internet




Bygewerk: 2007-11-07
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




The Dean's concert @ Wits
Vryheid van spraak as 'n voorwaarde vir die demokrasie
Exclusive Books vier Afrikaanse literatuur met hul Lekker

Word 'n Vriend van SĂȘNet

Read more about Neil Cochrane
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur