Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Die “De la Rey” song
Inarie Dreyer
2007-02-28 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

Die hele De la Rey-debakel het nogal 'n interessante reaksie uitgelok van alle kante, en amper teen my wil het DIE song 'n hartsnaar gepluk.

Ek't 'n ruk terug 'n stappie terug gevat en die hele streng en eng Afrikaanse denkwyse - "Ons is die enigste en belangrikste mense in SA" - waarmee ek grootgeword het, diep in die oë gekyk en te lig bevind. En saam met dit als die haat vir al wat swart is laat vaar, want ek't die mees waardevolle mense ontmoet met soveel diepte dat die Grand Canyon vlak lyk. Maar aan die ander kant het die konflik begin tussen my en my ouers, wat streng regs is en op 'n nedersetting bly waar geen swart mense toegelaat word nie. Dis hoekom, toe ek dié song vir die eerste keer hoor, ek nie kon verstaan dat ek halfpad deur amper in trane was nie!

Dit laat my dink aan naweke op die plaas en hoe my pa my die stories vertel van my oupa en sy broers (almal boere wat in die veld gewerk het met fisiese krag), die Voortrekkermonument-uitstappies waar ons tot bo gehardloop het saam met my oupa, om die klavier by die huis staan en FAK-liedjies sing, volkspele en voortrekkers wat gou as verkeerd beskou is in die nuwe Suid-Afrika. Maar die trots wat ek vir 'n man soos De la Rey voel wat 'n great ou was in my EIE geskiedenis vind, weerklink êrens diep in my hart. Ek wil nie my kop laat sak in skaamte omdat ek Afrikaans is en Afrikaans grootgeword het nie. Ek wil nie 'n brandewyn-vlieg wees wat in kakie rondloop ('n vrou lyk net NOOIT goed in kakie nie) en swart mense haat en allerhande mean goed doen om te wys ek's spesiaal nie. NEE. Ek wil net met trots kan verwys en terugdink aan 'n paar great mense wat ons land gebring het waar dit is, en DIS wat die song in my uitbring. My hart swel as die leeu van die Wes-Transvaal (ek't daar groot geword) vereer word as die rolmodel wat hy was.

Kan ons nie in ons wonderlike land net 'n punt bereik waar ons trots is op wie ons is, waar ons vandaan kom, en al is ons anders, dit kan aanvaar sonder om so te haat nie ? Met passie vir die wêreld wys hoe amazing ons land en ons mense is? Ons verlede van 'n paar jaar tevore is ligjare verskillend, maar ons is besig om aan 'n gemeenskaplike toekoms te bou.

Viva Suid Afrika, Viva!

Inarie Dreyer


Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



Shakespeare het die antwoord
DINSDAG; 09/02/10, EERSTE UITGAWE
'n Diskoers oor niks

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Quintus van der Merwe
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur