Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Theodorus du Plessis


Groep: Bydraers/Contributors
 

Theodorus du Plessis  is professor in taalbestuur en direkteur van die Eenheid vir Taalbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy onderrig sosiolinguistiek en taalsosiologie asook taalbeleid, taalbeplanning en taalbestuur. Sy navorsing is op die terrein van meertaligheid en taalbestuur en hy besoek sedert 1988 gereeld verskeie internasionale instellings in België en Duitsland. Hy lewer referate by 18 internasionale en 30 nasionale kongresse en is mede-redakteur van 6 boeke, Afrikaans en taalpolitiek (1987) saam met Hans du Plessis, Taal en stryd: Gedenkbundel 1989—1999 (1999) saam met Alwyn van Gensen, Multilingualism & Government (2000) saam met Kas Deprez , Multilingualism, the judiciary and security services (2001) saam met Kas Deprez en Lut Teck, Multilingualism, education and social integration (2003) saam met Pol Cuvelier en Lut Teck, Multilingualism and electronic language management (2005) saam met Walter Daelemans, Lut Teck en Cobus Snyman en The politics of language in South Africa (2006) saam met Vic Webb. Hy is ook outeur van 2 monografieë, 18 hoofstukke in bundels, waarvan 5 internasionaal verskyn het, en publiseer 17 wetenskaplike artikels, 15 kongresreferate, 26 populêr-wetenskaplike artikels en 16 boekresensies. Die outeur is hoofredakteur van Van Schaik Uitgewers se reeks, Language Policy Studies in South Africa, dien op die redaksiekomitees van Swets & Zeitlinger Publishers se reeks, Multilingualism and Linguistic Diversity en Fragmente. Tydskrif vir Filosofie en Kultuurkritiek en is lid van verskeie vakverenigings asook van die International Academy of Linguistic Law.




Bygewerk/Updated: 2009-11-12
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


Organiser of the first ever Midlands Meander Literary Fes
Aria! Opera vir almal
ComArt Heritage Festival - a celebration through music, f

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur