Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Groot Verseboek Miniseminaar

Groot Verseboek Miniseminaar | Afrikaanse Musiek | Afrikaanse skrywers en die struggle | Bipolariteit - 'n stryd om balans | Bok van Blerk: “Tyd om te trek?” | Crito | De la Rey-seminaar | Die Afrikaanse ''ons'' | Die huwelik | Die Malema-verskynsel | Die stand van Afrikaanse televisie | Doodstrafseminaar | jansenreitz | Koos Prinsloo | Lyf Miniseminaar | NALN | Oop Gesprek | Oppervlakkigheid | PW Botha | Rian Malan se Resident Alien | Roots-konferensie | SA Literature Now | Skryf met integriteit | sokker | Spanningslektuur | Suid-Afrikaanse navorsingsubsidiestelsel | Transformerende Afrikaans | Translation Seminar | US-taaldebat | Versoening Miniseminaar | willievdmerwe

 

LitNet het rolspelers in die Afrikaanse literêre wêreld genader vir hul opinies oor die jongste weergawe van André P Brink se Groot Verseboek.

In hierdie seminaar word sienings gedeel oor aspekte soos:

  • Die waarde van 'n antologie soos Groot Verseboek in Afrikaans.
  • André P Brink se keuse in die jongste samestelling.
  • Digters wat respondente sou insluit of weglaat.
  • Het die literêre kanon nog 'n plek in die postmoderne era?
  • Hoe vergelyk Groot Verseboek met ander antologieë in Afrikaans en in ander tale?

Louis Esterhuizen - Brink vermag die haas onmoontlike met ʼn reus van ʼn boek

"Groot Verseboek is beslis ʼn enorme terugslag vir die kitskultuur tans met sy oordrewe klem op produksie en verbruik; dit is immers iets wat jy aan jou nageslagte kan bemaak; iets wat sê: só was ons, só het ons geleef en só het ons daaroor geskryf. In hierdie formaat is Groot Verseboek nie net ʼn publikasie nie, dis ʼn statement."

Charl-Pierre Naudé - Die Kempton Park van Groot Verseboeke

"Ek onthou dat ek jare gelede ’n vers teëgekom het wat deur die rassistiese massamoordenaar Barend Strydom (die Wit Wolf) geskryf is. Ek dink dit was destyds in Die Burger of in Rapport gepubliseer. Ek onthou die skok toe ek besef het daardie vers, geskryf deur ’n baie middelmatige intellek, maar in ’n toestand van intens verhoogde psigiese energie, is eintlik nie so ’n slegte vers nie!"

Helize van Vuuren - Brink se “geblikte” Groot Verseboek, Anno Domini 2008

"Demokrasie is goed: 'Wie had kon dink dat Afrika soveule digters had?' Maar êrens mis die leserspubliek uit: As die kundiges nie meer wil kies wat die beste/mooiste/sterkste Afrikaanse poësie is, net genoeg om in een band te pas nie, waar moet die gewone Afrikaanse leser en die voorgraadse student so ʼn kennismaking kry?"

Joan Hambidge - Die huis van die digkuns het vele wonings

"Die belangrikste aspek van Groot Verseboek in blikformaat is dat dit by uitnemendheid illustreer dat die huis van die digkuns vele wonings het. Nou nog meer as ooit te vore is die Afrikaanse digkuns, nes elders te wêreld, een van diversiteit, van ʼn veelheid van stemme, van formele klassieke digters versus vryevers-beoefenaars, van praatvers tot interteks."

Charles Malan - Afrikaans is Brink veel vir hierdie liefdesdiens verskuldig

"Afrikaans is Brink veel vir hierdie liefdesdiens verskuldig. Mens moet net dankbaar wees dat die grootste kanoniseerder, Kanonimeyer, nie kans gehad het om weer met die volgende van sy talle boeke sy persoonlike kanon as die laaste uitspraak oor die digkuns te bevestig nie."

Bernard Odendaal - In die lig van die Suid-Afrikaanse ‘reënboognasie’-ideaal: Groot Verseboek 2008

"As ’n mens bowendien in ag neem dat GV die keuse van ’n enkeling behels, is die gevare van konteksgebondenheid en subjektiwiteit nóg duideliker. Lesers behoort dus die verskyning van GV2008 te verwelkom, maar ook dadelik krities daarteenoor te staan. Soos Brink self verklaar, behoort lesers eintlik daardeur geprikkel te word om self die oorspronklike bundels te gaan (her)lees."

Andries Visagie - Het die tyd aangebreek om die bevoorregte status van die gepubliseerde bundel tot niet te maak?

"Brink het talle goeie gedigte buite rekening gelaat bloot omdat hulle in tydskrifte of in die kuberruimte gepubliseer is. Vermoedelik het hy My ousie is ’n blom (’n bloemlesing deur Charl-Pierre Naudé) as ’n tydskrif gereken en daarom nagelaat om knap gedigte van ’n nuweling soos Alex Rondganger op te neem."

Kommentaar is welkom. Stuur briewe aan webvoet@litnet.co.za.

<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<

 

 


Organiser of the first ever Midlands Meander Literary Fes
Aria! Opera vir almal
ComArt Heritage Festival - a celebration through music, f

Word 'n Vriend van SêNet

Read more about Nardus Nel
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur