Ly of sukkel jy stilweg? Soek jy ondersteuning? Moenie dat jou probleme en pyn op dowe ore val nie. Praat met LitNet-lesers in ons nuwe ruimte, LitNet Ondersteuningsgroepe | Support Groups en bied hulle die geleentheid om met jou te gesels. LitNet Ondersteuningsgroepe | Support Groups laat jou die harte raak van mense soos jy. Dis jou kans om jou probleme te deel met dié wat hulself in soortgelyke situasies bevind.
Help ons om ander in staat te stel om jou dag te verhelder met raad en/of hoop. Vertel ons wat die aard van jou probleem of pyn is by ondersteuning@litnet.co.za. Indien jy, aan die ander kant, troos of raad kan bied, reageer asseblief dadelik. Gebruik 'n skuilnaam as jy wil. Óf jy jou pyn deel en óf jy advies gee – jou anonimiteit word gewaarborg.