Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Skryf met integriteit

Groot Verseboek Miniseminaar | Afrikaanse Musiek | Afrikaanse skrywers en die struggle | Bipolariteit - 'n stryd om balans | Bok van Blerk: “Tyd om te trek?” | Crito | De la Rey-seminaar | Die Afrikaanse ''ons'' | Die huwelik | Die Malema-verskynsel | Die stand van Afrikaanse televisie | Doodstrafseminaar | jansenreitz | Koos Prinsloo | Lyf Miniseminaar | NALN | Oop Gesprek | Oppervlakkigheid | PW Botha | Rian Malan se Resident Alien | Roots-konferensie | SA Literature Now | Skryf met integriteit | sokker | Spanningslektuur | Suid-Afrikaanse navorsingsubsidiestelsel | Transformerende Afrikaans | Translation Seminar | US-taaldebat | Versoening Miniseminaar | willievdmerwe


Skryf met integriteit

Miniseminaar

In ‘n onlangse gesprek tussen Joan Hambidge en Bernard Odendaal op LitNet se SêNet Genugtig! kom die kwessie van skryf en integriteit ter sprake. Na aanleiding van dié gesprek het LitNet ‘n paar skrywers genooi om hul gedagtes oor dié kwessie te deel rondom die volgende vrae:

Jaco Fouché - Skryf en integriteit?

“Integriteit is ’n woord soos oneindigheid en liefde of tau zero. Dis ’n wiskundige funksie wat op ’n sekere waarde afstuur wat nie bereik kan word nie."

Charl-Pierre Naudé - Literêre integriteit

“’n Teks vra ’n bepaalde openheid van die leser ten einde die kommunikasie te bewerkstellig, en as jy te veel projekteer, of te min afstand behou, gaan jy die heilige balans van die integriteit van die leesdaad skeeftrek.”

Izak de Vries - Om uit die dop te klim

“Tog dink ek niemand sal ooit weer in die Afrikaanse letterkunde die woord integriteit met ware integriteit kan gebruik nie. Ons sal van nou af altyd daaroor moet wonder. En dís ’n wins.”

Annesu de Vos - Wie beweer dat kuns boos is, het nooit vir Gustav Mahler gehoor nie

“... ek sal my beeld as “politico” nie kan afskud nie, al word ek 100 jaar oud en al skryf ek 100 000 keer dat ek self nie meer glo dat ons ons heil in die menslike politiek kan vind nie, maar eerder dat ons werklik op die Koninkryk van God moet wag.”

Naomi Meyer - Is daar iets soos integriteit by skryfwerk?

“Maar hoe kán die leser dit, as die skrywer God is? Want dan is jy - of jou integriteit - immers nie onder verdenking nie. Jy Is.”

Izak de Villiers - Ek huiwer met die woord "integriteit"

“'n Resensent kan soms ook te dom wees om 'n werk te verstaan en dit nie erken nie. Dan moet dié persoon se integriteit haar/hom waarsku om dit te los.”

Gilbert Gibson - Kan poësie of prosa inherent bestaan sonder integriteit?

“Adolf Hitler was op ‘n vlak gevúl met integriteit: let op die eentonige reëlmaat waarmee hy Ongewenstes in gaskamers gestop het.”

 

Kommentaar is welkom. Stuur briewe aan webvoet@litnet.co.za.

 

<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<

Anderkant die môrester - Anna Penzhorn
Magadaleen Walters - Heruitgawes
Pan African Space Station music festival

Word 'n Vriend van SêNet

Read more about Charl J.F. Cilliers
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur