Teen die agtergrond van die huidige misdaadgolf in Suid-Afrika bied LitNet, in samewerking met die FW de Klerk Stigting, 'n miniseminaar met die titel 'n Herbesoek aan die doodstraf aan. Die seminaar loop saam met die vrystelling van Chris Marnewick se boek Shepherds & Butchers, wat die doodstraf as onderwerp het.
"Eweneens sal die herinstelling van die doodstraf in die huidige Suid-Afrika in wese maar ’n poging wees om die simptome van ’n steeds geprangde samelewing te probeer dooddruk"
"[T]here is little doubt that we are far from achieving the society of social justice, and many factors militate against that – inequality, poverty, racism and intolerance, and crime and violence."
"Ek gaan vir hierdie artikel veronderstel dat die doodstraf net ‘n klein deel van die probleem van misdaad en onveilig voel kan oplos. Die doodstraf sal nie op sy eentjie die samelewing weer tot bedaring kan bring nie."
"Hoekom word daar soveel van die belastingbetalers se geld gespandeer op moordenaars wat nie hulle medemens iets gun in die lewe nie? Wat sou gebeur as ‘n derde van die bevolking in die tronk sit vir moord en die res van die land moet vir hul sorg?"
"Daar bestaan bloedweinig gesaghebbende studies wat aantoon dat die doodstraf ‘n afskrikmiddel is. Om die waarheid te sê, daar is eerder sterk getuienis dat moordenaars wat deeglik vertroud is met die besonderhede van teregstellings, steeds voortgegaan het om te moor."
"Ervaring en die geskiedenis leer ons egter dat ‘n staatsmag wat eers bloed geruik het, nie maklik afstand doen nie, ook nie van die mag oor lewe en dood nie."
Die doodstrafdebat vat vlam op SêNet en LitNet-blogs. Hier is `n paar van die inskrywings:
"Kollapen argumenteer dat dit die doodstraf is wat "cruel and inhuman" is, en wat "impact" op gelykheid en menswaardigheid. Die hele stelling kan netso van toepassing gemaak word op die wandaad van die moordenaar." Swys
"Ek sou dink dat in die implementering van rasionele strafmaatreëls dit noodsaaklik is dat ons tot op die vlak van die misdadiger daal, of in enkele gevalle inderdaad styg." Chigurh