Groot Verseboek Miniseminaar
|
Afrikaanse Musiek
|
Afrikaanse skrywers en die struggle
|
Bipolariteit - 'n stryd om balans
|
Bok van Blerk: “Tyd om te trek?”
|
Crito
|
De la Rey-seminaar
|
Die Afrikaanse ''ons''
|
Die huwelik
|
Die Malema-verskynsel
|
Die stand van Afrikaanse televisie
|
Doodstrafseminaar
|
jansenreitz
|
Koos Prinsloo
|
Lyf Miniseminaar
|
NALN
|
Oop Gesprek
|
Oppervlakkigheid
|
PW Botha
|
Rian Malan se Resident Alien
|
Roots-konferensie
|
SA Literature Now
|
Skryf met integriteit
|
sokker
|
Spanningslektuur
|
Suid-Afrikaanse navorsingsubsidiestelsel
|
Transformerende Afrikaans
|
Translation Seminar
|
US-taaldebat
|
Versoening Miniseminaar
|
willievdmerwe
 Die De la Rey-seminaar
De la Rey De la Rey Sal jy die boere kom lei …
Hoe dikwels klink dié refrein nie deesdae op uit Suid-Afrikaanse luidsprekers nie. En hoe sterk weergalm die menings, die ontledings en die bespiegelinge oor juis wáárom dié lied van Bok van Blerk so gewild is nie!
Jong Afrikaners (reeds 'n gelaaide term, ja) staan in kroeë en om braaivleisvure, en vuis-teen-die-bors word die woorde uitgeroep: “De la Rey, De la Rey …”
In LitNet se brieweruimte, SêNet, voel die skrywer Kleinboer dat dit dui op ‘n “versugting na ‘n meer militêre lewenswyse”. Deon Maas dink dis laf om ‘n leier vanuit die hiernamaals te probeer oproep.
En hierdie woorde is ook al meermale aangehoor: Die Afrikaner is leierloos. Die Afrikaner smag na koers, smag na identiteit; die jeug is aan die opstaan … (deur middel van ‘n pop-treffer, nogal). Ons hoor dat wanneer Bok van Blerk se liedjie opklink, jongmense op aandag staan, hand op die hart …
Dis egter so dat verreweg die grootste gros opinies wat gepubliseer word, dié van die ouer garde is. LitNet meen dat jongmense, wat immers die fokus van hierdie debat is, tog vir hulleself kan praat. Dus bied ons nou die ruimte aan ‘n spul jongmense om hul opinies te lug.
Hoe voel hulle oor die "De la Rey"-verskynsel? Is dit nie dalk maar net nóg ‘n “Zoid-generasie”-etiket wat iemand uitgedink het om die jeug mee te beskryf nie? Wie vereenselwig hulle met wat oor “ons” en “leierloosheid” gesê word? Sien ons hier ‘n etniese herlewingsbeweging wat gevaarlik vir Suid-Afrika kan wees? Bespeur ons militêre ondertone? Is daar sommiges van ons wat ons van die "De la Rey"-fenomeen wil distansieer? Indien wel, hoekom?
En: Wat dink ander Afrikaanssprekendes wat hulself nie as “Afrikaners” beskou nie? Ook: Wat is die opinie van ander jong Suid-Afrikaners?
Stuur jou reaksie aan webvoet@litnet.co.za.
|
|
 |
Henry Cloete - "Morfien maak mens hoog"
"... die ou man steun weer, knyp sy oë styf toe, maak hulle weer oop … 'identiteit is eintlik ‘n heel volksvreemde idee, as jy nou van volk wil praat'. "
|
 |
Kobus Ehlers - "Dit gaan oor die olifant"
"Ná my derde probeerslag kyk ek toe na die stuk wat ek geskryf het en besef dat ek reeds weer my opinie verander het. En net daar tref dit my: dit gaan oor die olifant!"
|
 |
Willim Welsyn - "De la Rymelarey"
"om saam te sing / en om jou eie vleis en drank te bring is mos net so goed as om jou Skepper te ontmoet"
|
 |
Lezanne Alexander - "For a while now I've enjoyed the tune myself"
"... totally ignorant of the fact that in the flag there is a symbolic representation of exactly what General De la Rey was fighting against. "
|
 |
Danmur Lucas - "Dit is vir my kommerwekkend ..."
"Gaan ons as Suid-Afrikaners nou maar elke keer wat ons voel ons onderdruk word, onsself in ons onderskeie kampies gaan indeel en lostrek met klippe na die ander kante?"
|
 |
Jean-Pierre Roux - "Wie gee hierdie groep binnelanders die reg om die stem van die Afrikaner toe te eien vir hulself?"
"Ek het nie De la Rey nodig nie. Ek het nie ‘n rolmodel nodig nie. Ek het nie ‘n groepsidentiteit nodig nie. Ek het nie nasionalisme nodig nie. Ek het niks nodig nie behalwe middagete …"
|
 |
Lizanne Dippenaar - "Toe ek deur die koerante begin blaai, kom ek soos altyd maar weer op ons goeie ou vriend mnr Wanpersepsie af"
"En dan sê mense die Afrikanervolk is leierloos? Nooit gesien nie!"
|
 |
Gielie Hoffmann - "Bok-bok skop styf …"
"... ons is leierloos en dis cool. Ek weet hoeveel ponde in my ons is. Of jy nou Boer, Afrikaner, Afrikaanse, Blanke Suid-Afrikaner of Afrikaan is, is dit nie net wonderlik om net vir jouself te kan dink en besluit nie?"
|
 |
Barend Uys - "Ons is die De la Rey-generasie"
"Hulle was so seker jy kan net uit jou volk bedank, en dan sal die hele idee van volkskap en trots daarmee heengaan. Hulle voel skuldig, omdat hulle onkundig is!"
|
 |
Bertie Coetzee - "Ek sien twee pole verder uitmekaar uit trek, en in die middel, hier sit ek"
"Daardie aand het die skare spontaan uitgebars met 'n weergawe van "Die Stem" net na ons show. "Stop julle k*k, dis die nuwe Suid-Afrika!" het die MC oor die mike gebulder ..."
|
 |
Chrisanth Rosant - "Ek het nog nooit gehoor hoe dié song nugter met soveel oorgawe gesing word nie"
"... en jy kan hom fluit (altyd ’n bonus). Maar apparently (soos ek nou die aand deur een van die bogenoemde borsgrypende-brandewyn-manne mooi ingelig is) is dit nie waaroor dit gaan nie."
|
 |
Loftus Marais - "Opname van gesprek tussen vier vriende te Greengate Organiese Koffiehuis, Stellenbosch, 8 Februarie 2007"
"Die identiteitsvraagstuk is een ding. Die boeremagmanne wat nagte-deur daai liedjie in hulle tjoekieselle sing is ’n ander ding."
|
 |
Eileen Snyders - "Lees eers die fynskrif voor jy by die gym aansluit"
"Jou intentions mag dalk goed wees, maar op die ou end kon jy net dalk vir jou 'n gat in die sak gekoop het. En dan is jy die ou met die stukkende broek aan."
|
 |
Richard de Almeida - "'De la Rey' and the search for the Afrikaner identity"
"If we say that today Afrikaans people have lost their group identity and their leaders, where did they get them before? Did they have them before?"
|
 |
Corli de Kock - "As ’n mens in Potchefstroom bly, maar van 'n stad af kom ..."
"Die eintlike probleem is nie regtig wat De la Rey was nie, maar veel eerder wat hy nou vir mense is. Perceptions rule the world, sê my pa altyd."
|
 |
Corneil Muller - "Die hele 'De la Rey'-sage word nou heeltemal uit verband uit geruk en onnodig voor ons neuse gehou!"
"My bloed begin kook en my are krimp, so bedonnerd raak ek vir die meerderheid van ons mense, die Afrikaners, wat tog so eenvoudig, konserwatief en op hul plek is."
|
Vrywaring: Die bydraes van die deelnemers aan die LitNet De la Rey-seminaar is hul persoonlike opinies en verteenwoordig nie die siening van die instansies, publikasies of liggame waaraan hulle verbonde is nie.
|
Uit die LitNet-argief
|
 |
Loammi Wolf : The rainbow blues of “De la Rey” Seminar Room
"For some time before that I had been expecting something like the De la Rey phenomenon to come from the younger generation of Afrikaners, but not quite in this form. It caught people totally off guard. ... "
|
 |
Carl Niehaus: “De la Rey”: a distracting side show Seminar Room
" I must admit that I could get neither my head nor my heart (emotions) around it – it left me rather cold and the strongest emotion was a low-level sense of irritation that this should be what occupies the minds of so many of my fellow South Africans."
|
 |
Roof Bezuidenhout: From Voëlvry to De La Rey: Popular music, Afrikaner Nationalism and lost irony Vryepoort
"People are feeling more assertive than before. As if they want to say: we are fed-up with being singled out as the only scapegoat for all the evils of SA's racist past."
|
 |
Haydee Morgan-Hollander: De La Rey verbied in Namibië SêNet
" 'Waarom moet radiostasies nou bygekom word omdat hulle nie die liedjie speel nie, dan moet daar ook te velde getrek word teen ander liedjies wat ons nie speel nie. Dit is tog absurd.' "
|
 |
''De la Rey - no cause for alarm'' says Sandra Swart Seminar Room
"A song could get a couple of guys excited around the braai, it can stir up the student revolutionaries in Les Miserables, it can make you remember your army days or your matric dance, but it can’t actually start social rebellion. No song is that convincing ideologically … and no one is that susceptible."
|
 |
Clinton du Plessis: We will sing our own song Rubriek: Aan die stertkant
"Dit is net te eenvoudig om die lied as rassisties of as "incitement" af te maak. Om dit te sien as ‘n bedreiging vir ons demokrasie, is net so lagwekkend soos pogings van die destydse NP-regering om ‘n kommunis agter elke bos uit te krap."
|
|
Jason Lloyd: Verdeel Die Burger in twee uitgawes Rubriek: Oopbek is reguitpraat
"Die nuus oor Bok van Blerk se lied “De la Rey” is so vervelig dat ek iets kan oorkom as ek dit hoor of iets daaroor lees. Ek voel vere vir die vervelige lied oor vervloë tye. Dit is ʼn gewelddadige en ʼn rassistiese lied wat oorlog aanblaas."
|
|
Jasper van Zyl: Hoe om rassisme aan te blerk ... Rubriek: Om eerlik te wees ...
"Waarom moet ons as Afrikaners ons erfenis so inperk en generaal De la Rey en Piet Retief en volkspele en die Taalmonument en Afrikaans en die FAK en braaivleis en die NG Kerk en sulke dinge as Afrikaner-erfenis beskou?"
|
|
Koos Kombuis: Bok van Blerk en die bagasie van veertig jaar Miniseminaar: Musiek deur ons are
"Waarom, as my bedanking uit Afrikanerdom vir my so ’n heerlik bevrydende stap was, voel ek so onverklaarbaar diep geraak deur die “De la Rey”-liedjie? Dit is embarrassing! "
|
Kommentaar is welkom. Stuur briewe aan webvoet@litnet.co.za.
<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<
|