Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Bipolariteit - 'n stryd om balans

Groot Verseboek Miniseminaar | Afrikaanse Musiek | Afrikaanse skrywers en die struggle | Bipolariteit - 'n stryd om balans | Bok van Blerk: “Tyd om te trek?” | Crito | De la Rey-seminaar | Die Afrikaanse ''ons'' | Die huwelik | Die Malema-verskynsel | Die stand van Afrikaanse televisie | Doodstrafseminaar | jansenreitz | Koos Prinsloo | Lyf Miniseminaar | NALN | Oop Gesprek | Oppervlakkigheid | PW Botha | Rian Malan se Resident Alien | Roots-konferensie | SA Literature Now | Skryf met integriteit | sokker | Spanningslektuur | Suid-Afrikaanse navorsingsubsidiestelsel | Transformerende Afrikaans | Translation Seminar | US-taaldebat | Versoening Miniseminaar | willievdmerwe

Bipolariteit

'n Stryd om balans

Nadat Koos Kombuis onlangs op sy LitNet-blog verklaar het dat hy “gatvol vir ouens wat plein selfsugtig is en met handskoentjies aan behandel moet word omdat hulle kwansuis bipolêr is of ’n borderline personality het”, het mede-blogger prof Deon Knobel ʼn haatspraak-klag by die menseregtekommissie ingedien. Uit mediaberigte oor dié aangeleentheid en reaksies daarop, kan afgelei word dat oningeligtheid en wanpersepsies oor dié siekte aan die orde van die dag is. LitNet het individue wat met bipolêre stoornisse saamleef of daagliks werk met mense wat daardeur geraak is, genader vir hul insette.

Stuur jou reaksie aan webvoet@litnet.co.za.

Jay Barnes - "We don't need bigotry!"

"Eventually I learned that, quite simply, I’m bipolar, and I needed to learn to live with that. I now am a university lecturer, and studying for my Master’s degree; I’m a part-time farmer, and I race yachts over oceans for fun. Being bipolar doesn’t prevent me from doing anything, although it does sometimes require that I modify my approach to life."

Amanda Strydom - Aan Deon Knobel oor bipolariteit

"Koos het 'n manier om baie slim 'n klip in die bos te gooi, om soos min mense wat ek ken, 'n debat te laat ontketen. Hy is een van die min eerlike mense op ons planeet. Ek, as openlike bipolêre lyer, is eintlik verheug dat hierdie onderwerp nou so helder in die kollig gesit word."

Piet Oosthuizen - Bipolêre steurings

"As die pasiënt tydens die depressiewe fase van die siekte by die dokter om hulp aanklop, kan die simptome presies soos dié van 'n major depressiewe episode lyk - wat natuurlik die gevaar van 'n verkeerde diagnose skep. Omdat die beste behandeling van die twee toestande aansienlik verskil, bestaan die gevaar van verkeerde behandeling."

Carina van Tonder - Om bipolêr te leef

"Toe bars die bom. Ons vyftienjarige dogter gaan na die hof en vra om weggeneem te word want ons wil haar doodmaak. Toe probeer sy van 'n brug afspring en beland in die psigiatriese eenheid op die dorp."

Deon Knobel - Indrukke oor die bipolêre debat, met die Kübbler-Ross-teorie oor dood, verlies en droefheid as riglyn

"Ongelukkig het hierdie 'debatvoering' dikwels tot onenigheid en persoonlike aanvalle gelei. Dit is aanvaarbaar, as deel van die proses, met voorbehoud dat daar, hopelik, met respek en openhartigheid na alle opinies geluister sou word."

Uit die LitNet-argief

Deon Knobel - Ope brief aan Koos Kombuis (1)

"Ek het in my verstoorde geheuebank gaan opdiep, enkele lewenswaarhede van persone uit die geskiedenis, sowel as van rolmodelle wat ten spyte van onderliggende stoornis, vernietigende en selfs hopelose omstandighede, en dodelike virusinfeksies, desnieteenstaande dit reggekry het om ten volle te lewe en vir miljoene aardse wesens tot inspirasie gedien het."

Deon Knobel - Ope brief aan Koos Kombuis (2)

"Ek nooi jou ook uit, Koos, om in jou besige skedule dalk tyd te maak om op LitNet se Vintage-blad te gaan kyk en met jou hart te gaan lees wat ek te skryf het oor die positiewe ervarings wat uit my en familielede se siekte en die talle sterftes in ons gesin gehaal kan word.."

SêNet

Varkspek - Bipolêre siekte is 'n ernstige toestand

"Mense is meesal ongevoelig en wreed. 'Lig jou gat en ruk jou reg' is eerder die reaksie van baie. Dan moet jy jou soms maar dwing om voort te sukkel, al voel jy vrot."

SêNet

Swaeltjie - Bipolar disorder

"Ek reken die dae is vir ewig verby wat mense sonder meer die draak kon steek met die kruis wat sommiges moet dra. Dit lei tot stereotipering, versterk die onverdiende stigma wat aan mental disabilities kleef en maak die lewe vir mense ongeregverdig moeilik."

SêNet

Oom Stoffel - Deon Knobel en bipolariteit

"Deon Knobel se reaksie op Koos Kombuis se onbedagte uitsprake oor bipolêre versteuring het my teleurgestel."

SêNet
Daniel - My hoog en laag lewe

"Ek het geleer dat mens nie kan stereotipeer nie omdat daar so baie veranderlikes is, maar tog is daar 'n lyn wat deurloop, en vir ons was dit 'n verdelende lyn. En tog is ek wyser na my ervaring, en dis genoeg."

 

Kommentaar is welkom. Stuur briewe aan webvoet@litnet.co.za.

<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<

Anderkant die môrester - Anna Penzhorn
Magadaleen Walters - Heruitgawes
Pan African Space Station music festival

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Beatrix Roux
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur