Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Kragrantsoenering ʼn resep vir chaos
Gerhard
2008-01-30 Druk dit/Print it E-pos hierdie skakel/E-mail this link

In beginsel stem ek saam dat ons moet probeer om minder krag te verbruik. Trouens, ek doen al lankal die meeste goed wat ESKOM aanbeveel.

Maar ek sien swarigheid as kragrantsoenering ingestel word. Ek kan nie sien dat die Tshwane Metro dit ooit sal regkry om rantsoenering toe te pas EN korrekte rekenings te lewer nie.

'n Jaar of wat gelede is rekenings in chaos gedompel toe die Metro oorgeskakel het na 'n nuwe stelsel. Dit het my maande gevat om ons rekening uitgesorteer te kry, en dit net danksy 'n baie hulpvaardige kontak wat ek raakgeloop het. Laasjaar, toe ek oorskakel na 'n nuwe meter, was dit dieselfde storie: ek is maande lank aangeslaan vir "geskatte verbruik", wat veel hoër was as ons werklike verbruik. 'n Maand of drie later word ek weer aangeslaan vir "geskatte verbruik", en dis waar dit nou staan, alhoewel ek elke maand werklike lesings deurstuur. Weereens is die "geskatte verbruik" omtrent 2000 eenhede meer as werklike verbruik, dit is 3-4 maande se verbruik vir hierdie tyd van die jaar.

Met kragrantsoenering sal die eerste probleem wees om te bereken wat elke huishouding se kwota is. Waarop sal dit gebaseer word? Die Metro het meeste van die tyd nie eers akkurate lesings vir elke huishouding nie. Vir hulle om kwotas te bereken en konsekwent toe te pas sal klaar 'n probleem wees. Ek voorsien ook dat ons voortdurend in dispuut gaan wees met die Metro oor foutiewe rekenings en die gevolglike tariewe en boetes waarvoor ons aangeslaan word.

Rantsoenering sal die huidige probleme met munisipale rekeninge vermenigvuldig.


Gerhard

Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



National Mandela Day Celebrations on Saturday 18th July 2
Good Food and Wine Show hits Egoli
Yvette Christiansë: Imprendehora

Word 'n Vriend van SêNet

Read more about Deborah Steinmair
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur