Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Persverklaring: Maretha Maartens oor die skryf van jeugboeke
2023-05-23Maretha Maartens is gevra om inligting oor die skryf van ’n jeugroman te gee. Hoe pak mens dit aan? Wat is die vereistes? Watter temas moet ondersoek word? Waarna kyk die beoordelaars?
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2023
2023-05-22Die prys ontstaan in 2015 as ’n tipe Nobelprys vir Afrikaans as wetenskapstaal. Die prysgeld is aanvanklik R500 000, maar is aangepas na R750 000. As sodanig is dit die grootste wat tans vir Afrikaans toegeken word.
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Salvador Dalí se Volharding van herinnering
2023-05-03Die laaste lesing deur Alex Duffey wat handel oor internasionale kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld, is nou op die SA Akademie se sosialemediaplatforms beskikbaar.
Oproep om referate: Algemene simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2023-04-26Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op 28 en 29 September 2023 in ’n hibriede formaat plaas. U word vriendelik uitgenooi om ’n referaatvoorstel in te dien wat fokus op die breë simposiumtema.
Aankondiging: Wenners van die SA Akademiepryse 2023
2023-04-21Antjie Krog en Kirby van der Merwe stap vanjaar weg met twee van die gesogte Akademiepryse: die Hertzogprys vir poësie en die Eugène Marais-prys vir prosa. Hier is die volledige lys van wenners.
Uitnodiging | Invitation: "Kom ons droom – Afrikaans in 2043" | "Let us dream – Afrikaans in 2043"
2023-03-13Jy word uitgenooi na ’n virtuele geleentheid op 16 Maart 2023 waar Wannie Carstens die gasspreker sal wees. | You are invited to a virtual event on 16 March 2023. Wannie Carstens will be the guest speaker. English interpreting services will be available.
Uitnodiging: Lesings deur Jerzy Koch en Orsolya Réthelyi
2023-03-08Jerzy Koch en Orsolya Réthelyi besoek Suid-Afrika om elkeen ’n lesing aan te bied op vier verskillende plekke in Suid-Afrika. Jy word vriendelik uitgenooi na die lesings op Maandag 13 Maart 2023 in Pretoria.
Petra Müller onder die woord: Karen de Wet gesels oor Die skerpgevylde oomblik
2023-02-16"Oor die uniekheid van Müller se werk is die laaste woord nog nie gesê nie." Melt Myburgh gesels met Karen de Wet oor Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging, waarvan Karen die redakteur was.
Boekbekendstelling: Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar, ’n huldiging (redakteur: Hennie van Coller)
2023-02-16Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar, ’n huldiging op 1 Maart 2023 in Pretoria. Anthea van Jaarsveld tree in gesprek met die redakteur, Hennie van Coller.
Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede
2023-02-02"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."
Die skerpgevylde oomblik deur Karen de Wet (redakteur): Stellenbosch-bekendstelling
2023-01-24Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die skerpgevylde oomblik, die huldigingsbundel rondom Petra Müller, op 1 Februarie om 18:00 in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch.
Kennisgewing: Bekendstelling van Petra Müller – die skerpgevylde oomblik op Swellendam
2023-01-20Boekliefhebbers van Swellendam, Petra Müller – die skerpgevylde oomblik word op Saterdag 21 Januarie 2023 op die dorp bekendgestel.
Kennisgewing: Geskiedenissimposium – Die mite van Afrikaner-homogeniteit
2023-01-20Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied op Vrydag 27 Januarie 2023 ’n geskiedenissimposium aan: "Hoofstroom, stroomop, systroom, hoegenaamd ’n stroom? Die mite van Afrikaner-homogeniteit."
Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer
2022-12-21Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
Boekbekendstelling: Petra Müller. ’n Huldiging. Die skerpgevylde oomblik
2022-12-06Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Petra Müller. ’n Huldiging. Die skerpgevylde oomblik op 18 Januarie 2023 in Pretoria. Charl-Pierre Naudé sal met die redakteur van die publikasie, Karen de Wet, in gesprek wees.
Persverklaring: Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA)
2022-11-17Die SA Akademie doen ’n ernstige beroep op onderwysowerhede om te besin oor hierdie aspek van die voorgestelde wysigings en die insette van skoolgemeenskappe te respekteer.
Kennisgewing: Sheila Cussons 100
2022-11-17Die digter Sheila Cussons sou op 9 Augustus vanjaar 100 jaar oud geword het. As huldiging het Joanita Erasmus-Alt, ’n lid van die SA Akademie, ’n keur uit Cussons se gedigte getoonset.
Uitnodiging: SA Akademie vier die Afrikaanse Wikipedia se 21ste verjaarsdag!
2022-11-09Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die WikimediaZA Stigting vier die Afrikaanse Wikipedia se mondigwording op Woensdag 16 November om 18:00.
Program: SA Akademie se Studentesimposium 2022
2022-11-08Die SA Akademie se jaarlikse Studentesimposium vind op Woensdag 9 November plaas. Hier is die program.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Pretoria – lesing deur Ronel Callaghan
2022-11-07Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n aanlyn lesing wat aangebied word deur die SA Akademie se Werkgemeenskap Pretoria. Die tema is "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer".