Portale
Persverklaring: Paneelgesprek ter viering van Taaldag en -maand 2023
2023-07-24Die tema van die paneelgesprek is taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans. Daar is verskillende taalherlewingsprojekte aan die gang en die Afrikaanse Taalmuseum hoop om enkele van hierdie projekte, navorsing en betrokkenes te belig.
Jan FE Celliers (1865–1940)
2023-07-24Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Persverklaring: Johan Jack Smith se afsterwe laat ’n groot leemte
2023-07-18Johan is aanvanklik as boekeredakteur by Taalgenoot aangestel, waarna hy die assistentredakteurspos beklee. Johan dien sedert die middel van 2016 as redakteur van Taalgenoot en onder sy leierskap is hierdie publikasie verskeie kere bekroon.
Annelie Botes (1957–)
2023-07-14"As ek nie daardie aar in my skryfwerk kan vóél pols nie, verloor ek my dryfkrag om verder te skryf."
Uitnodiging: Simposium oor Afrikaans as moedertaal en geloofstaal | Wellington, 11 en 12 Augustus 2023
2023-07-13Die Afrikaanse Taalraad en Hugenote Kollege nooi akademici, filosowe, kerkmense en ander belangstellendes om saam te dink en droom oor Afrikaans as geloofstaal.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2023
2023-07-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Maretha Maartens (1945–)
2023-06-29"Ek skryf omdat ek soek en dink, ontdekkings maak, kwaad raak, ’n waarnemer is, ekstases beleef, by geleentheid meer intense ontmoetings met God het."
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Frans Oerder en ou Pretoria
2023-06-22Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na aanlyn kunslesings deur Alex Duffey wat handel oor onder andere die lewe en werk van Suid-Afrikaanse skilders. Die jongste lesing is nou beskibaar.
George Louw (1939–2023)
2023-06-13"Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak."
Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van boeke deur Nathan Trantraal en Fanie Viljoen
2023-06-10Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak deur die toekenning van vertaalsubsidies aan buitelandse uitgewers wat suksesvol daarvoor aansoek doen.
Persverklaring: Wil jy Afrikaans toelies in Arabies? | Press release: Be creative with Arabic Afrikaans
2023-06-08Die immer gewilde Shamiega Chaudhari sal beginners op Saterdag 29 Julie 2023 via ’n moderne “madrassa-klas” touwys maak en op 25 November gevorderde skrywers begelei. / The ever popular Shamiega Chaudhari will introduce beginners to Arabic Afrikaans via a modern “madrassa” class on Saturday, 29 July 2023, and guide advanced writers on 25 November.
Persverklaring: Nomineer jou Kaapse Wynlande-heldin teen 30 Junie | Press release: Nominate your Cape Winelands heroine by 30 June
2023-06-08Die Taalmonument, munisipaliteit en Historium Trust vereer agt spesiale vroue. / The Taalmonument, municipality and Historium Trust honour eight special women.
Die einde van Standaardafrikaans en begin van Algemene Afrikaans
2023-06-07"Herstandaardisering beteken nie daar word weggedoen met ’n standaard nie, sê Odendaal. 'Ons sê kom ons staan net krities teenoor hoe hierdie standaard wat ons vandag het, gevorm is. As ons voel daar is ’n skeefgetrekte beeld, wil ons graag hê dat meer gemeenskappe inspraak sal hê om ook ander woorde en variëteite in te sluit as deel van die standaard.'"
Jakes Gerwel (1946–2012)
2023-06-07"Afrikaans is een van Suid-Afrika se skatte. Daar is ander skatte ook, maar Afrikaans het ’n besondere geskiedenis, ’n baie menslike geskiedenis. Daarom dink ek die sprekers van die taal het alle reg om te werk vir die taal se voortbestaan."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2023
2023-06-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT: ’n onderhoud
2023-06-05"[D]ie WAT is die plek waar enige mense wat Afrikaans praat of skryf, hulle taalgebruik geboekstaaf moet vind."
ATKV-redenaars 2023: die perspektief van ’n taalonderwyser
2023-05-31"Ek moet bieg – ek was nie verlede week besonder lus om vir ’n hele middag na toesprake te luister nie. Dis nou eksamen, en ek het vraestelle gehad wat moes klaar. Op pad huis toe was ek egter verbaas oor die oorweldigende gevoel van hoop wat ek ervaar het. ... Ons kinders is orraait."
Ingrid Winterbach (1948–)
2023-05-25"As jy ’n romanskrywer is, moet jy die tyd waarin jy leef, uitbeeld. Jy moet die hele spektrum van menswees uitbeeld."
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Pierneef
2023-05-24Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die nuwe lesingreeks deur Alex Duffey wat handel oor onder andere die lewe en werk van Suid-Afrikaanse skilders. Die eerste tema van die reeks is "Jacob Hendrik Pierneef 1886–1957: Rasionele landskapskilder by uitstek".
Persverklaring: Maretha Maartens oor die skryf van jeugboeke
2023-05-23Maretha Maartens is gevra om inligting oor die skryf van ’n jeugroman te gee. Hoe pak mens dit aan? Wat is die vereistes? Watter temas moet ondersoek word? Waarna kyk die beoordelaars?