Portale
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2019: Notule
2019-09-27PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 14 September plaasgevind. Hier is die notule.
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2019: Voorsittersverslag
2019-09-27PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 14 September 2019 in die Wellington-biblioteek plaasgevind. Lees die voorsittersverslag hier.
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2019: Bestuurdersverslag
2019-09-27PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 14 September 2019 in die Wellington-biblioteek plaasgevind. Lees die bestuurdersverslag hier.
SA Akademie-pryse 2020: voorstelle ingewag
2019-09-23Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vestig graag u aandag op die Akademiepryse wat gedurende 2020 vir toekenning oorweeg word. Volledig gemotiveerde voorstelle vir enigeen van hierdie pryse word ingewag.
Mediaverklaring (Afrikaanse Taalraad): Die debat in die parlement oor Erfenisdag
2019-09-23Die ATR verwelkom die robuuste debat verlede week Donderdag in die parlement oor Erfenisdag en die rol van inheemse tale en kultuur in die Suid-Afrikaanse samelewing. Dit is verblydend dat Afrikaans asook ander inheemse tale op dié vlak beredeneer word, het die ATR in ’n verklaring gesê.
Tuin van Digters 2019 – video: Verse oor huis en taal
2019-09-19Frieda van den Heever gesels met Danie Marais, Dianna Ferrus, Jolyn Phillips en Daniel Hugo oor die temas "huis" en "taal" in hulle digwerk, asook die invloed van vertaling daarop.
Persverklaring, ATKV-Tjokkertoneel: “Hierdie is baanbrekerswerk”
2019-09-19Dit is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis (van amper 90 jaar) van die ATKV dat klein, voornemende teater-rakkers ook hul talente op die planke kan bring en die reaksie op die eerste ATKV-Tjokkertoneel was verbysterend.
Tuin van Digters 2019 – video: Bekendstelling van breyten breytenbach, woordenaar woordnar
2019-09-16Die SA Akademie van Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel van Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, is die afgelope naweek by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters bekendgestel. Andries Visagie het met Francis Galloway (die redakteur van die bundel), Louise Viljoen en Catherine du Toit gesels.
Breyten Breytenbach (1939–)
2019-09-16"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis." Breyten Breytenbach se LitNet/ATKV-album is, ter viering van sy tagtigste verjaardag, volledig hersien en bygewerk.
Twyfelaars wat glo-bekendstelling in Pretoria
2019-09-16Jy word hartlik uitgenooi na 'n gesprek oor hierdie boek by die Akademiegebou op 30 September 2019.
Die ATKV-Woordveertjies 2019 in beeld
2019-09-11Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die twaalfde keer aangebied. Die geleentheid het op Vrydag 6 September 2019 plaasgevind in die Adam Small-teater in Stellenbosch.
Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery
2019-09-11Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, Solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer.
Artikels en resensies uit Taalgenoot se Herfs 2019-uitgawe
2019-09-10Te danke aan die Taalgenoot-redaksie kan PEN Afrikaans die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Herfs 2019-uitgawe hier deel.
PEN Afrikaans: Die wêreld van die skrywer – Henning Pieterse
2019-09-06"Die wêreld van die skrywer” is PEN Afrikaans se artikelreeks waarin skrywers uitbrei oor temas wat met die praktyk van skryf te doen het. Die bekroonde digter, vertaler en letterkundige Henning Pieterse, is in hierdie artikel aan die woord.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2019
2019-09-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
Uitnodiging na simposium – Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen
2019-09-03"Die tydperk van die Antroposeen word deur kenners beskryf as 'n nuwe geologiese epog waarin die mens besig is om die parameters wat die werking van alle aardstelsels bepaal, wesenlik te verander."
Mediaverklaring: Kommer oor outomatiese bevordering in die grondslagfase
2019-08-29"Die Onderwyskommissie is sterk gekant teen die aanvaarding van die beleid indien dit bloot polities gedryf word ter wille van beter slaagsyfers."
'n Fees van tieners. 'n Fees van talent. 'n Fees van teater!
2019-08-29Tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal wat vanaf 23 tot 27 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch plaasvind sal 18 produksies van dwarsoor Suid-Afrika meeding om as die algehele wenner van dié teaterkompetisie aangewys te word.
Towards the fullness of the Afrikaans language
2019-08-28"Afrikaans was forged in the mouths of all those who lived at the Cape and beyond. It is in this Creole that we hear the remnants of the slaves’ foreign tongues, and the traces of their experiences."