Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Asembese Mkumatela

Naomi Meyer, Asambese Mkumatela Onderhoude 2024-02-26

"Meertaligheid is baie belangrik in ’n land soos Suid-Afrika om met mense van verskillende kulture en wat verskillende tale praat te kan kommunikeer. Wanneer ’n mens ’n taal aanleer, leer jy ook meer oor die kultuur en dit kan help om belangrike verhoudings met verskillende mense te bou, en dit hou ook baie ekonomiese waarde in om meertalig te wees."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Andréa Müller

Naomi Meyer, Andréa Müller Onderhoude 2024-02-26

"My spesifieke onderwerp is geïnspireer deur die dinamika wat ek tussen sogenaamde bruin Afrikaanse digters en die literêre establishment oplet. Die opbloei in uitstekende debute én opvolgbundels deur hierdie digters is opwindend, en beslis ’n aanduiding van ’n literêre sisteem wat evolueer."

Uitdagings vir die hoër onderwys

Freek Robinson, Francis Petersen Onderhoude 2024-02-21

Freek Robinson gesels met Francis Petersen oor plaaslike en globale uitdagings vir die hoër onderwys. Petersen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en voorsitter van Universiteite Suid-Afrika se raad van direkteure.

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Carla Lindt

Naomi Meyer, Carla Lindt Onderhoude 2024-02-20

"Afrikaans behoort aan almal wat dit praat – elke liewe spreker, maak nie saak eerste of tweede of derde taal nie; maak nie saak watter ras; maak nie saak watter dialek, watter sosiolek ... Van die ghaadtjie op die Kaapse taxi en die vrugtesmous langs die pad tot die professor op universiteit."

Taal en tydsgees: ’n onderhoud oor al Pharos se woordeboeke

Naomi Meyer, Annemie Stoman, Delana Fourie Onderhoude 2024-02-20

"Almal is ons lesers! Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Joanna Gouws

Naomi Meyer, Joanna Gouws Onderhoude 2024-02-19

"Dit is geen geheim dat Afrikaans in die taalpolitiese sin van die woord onder ’n soort beleg verkeer nie, maar wanneer ons – soos wat Neville Alexander en Richard Ruiz leer – taal begin sien as ’n hulpbron in stede van ’n probleem wat opgelos moet word of ’n reg wat aan ons toegeken moet word – dan betree ons ‘n veel meer konstruktiewe posisie as Afrikaanse taalgebruikers."

Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis

Maryke Roberts, Irma du Plessis Onderhoude 2024-02-19

"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."

Kinders wat lees en die publikasie van kinderboeke in elke kind se moedertaal: ’n onderhoud met Leoné Tiemensma

Naomi Meyer, Leoné Tiemensma Onderhoude 2024-02-19

"Suid-Afrika is een van die mees ongelyke lande in die wêreld, en dit word ook weerspieël in 'kinders wat lees'."

Staatsrede 2024

Freek Robinson, Roelof Botha Onderhoude 2024-02-14

Suid-Afrikaners gaan in die 30ste jaar van demokrasie binnekort stembus toe. Gaan die 2024-verkiesing ’n waterskeiding wees? Freek Robinson gesels met ekonoom Roelof Botha oor die ware stand van die nasie.

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Susann Louw

Naomi Meyer, Susann Louw Onderhoude 2024-02-13

"My inspirasie kom van my belangstelling in gender, maar ook die waarneming dat die media, samelewing en gender in ’n konstante en vervlegte verhouding tot mekaar ontwikkel en verander."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Nicolette Steyn

Naomi Meyer, Nicolette Harmse Steyn Onderhoude 2024-02-13

"Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant, omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk, en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend."

Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum

Menán van Heerden, Ena Jansen Onderhoude 2024-02-12

Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.

LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: onderrig in die tale wat kinders en studente tuis praat

Naomi Meyer, Asambese Mkumatela Onderhoude 2024-02-12

"Vir my lyk ’n ideale skool- of universiteitsomgewing meertalig."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse

Naomi Meyer, Natasha Harmse Onderhoude 2024-02-12

"Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit."

Kan ’n samelewing gedra word met slegs maatskaplike toelaes?

Freek Robinson, Renier Koegelenberg Onderhoude 2024-02-07

Maatskaplike dienste in die land is in ’n krisis. Na raming is daar ’n tekort aan meer as 50 000 maatskaplike werkers. Hoe gemaak? Freek Robinson gesels met Renier Koegelenberg, hoof- uitvoerende beampte van die Cape Development and Dialogue Centre Trust (CDDC).

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Allison Matroos

Naomi Meyer, Allison Matroos Onderhoude 2024-02-06

"My navorsing gaan oor die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas om die taalaanleerproses vir taalaanleerders te vergemaklik. My leefwêreld en taalbegrip is deur middel van gedigte verryk en ek wou aan ander die geleentheid bied wat ek gehad het."

LitNet Akademies Weerdink: Bystanddood

Menán van Heerden, Willem Landman Onderhoude 2024-02-05

Die jongste in die nuus oor bystanddood: Carol de Swardt het op 63 met bystand by Pegasos-kliniek in die Switserse dorp Liestal gesterf na ’n lang stryd met velkanker. Bystanddood is onwettig in Suid-Afrika. Wat is die opsies as ’n familielid navraag doen oor bystanddood / dit baie sterk oorweeg? Wat staan ouers te doen met betrekking tot ’n ongebore of ’n pasgebore baba met fatale defekte? Is daar deesdae groter begrip vir bystanddood in Suid-Afrika? Menán van Heerden gesels met Willem Landman oor hierdie kwessie. 

Ontgroening, insouting, doop, inburgering? ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Eduard Potgieter

Naomi Meyer, Eduard Potgieter Onderhoude 2024-02-02

"Moenie vashou aan geykte gebruike net omdat die old boys/girls of groot borge jou dwing nie. Wees werklik ’n agent van verandering. Daardeur sal die vloek van ontgroening gebreek word."

Reguit met Robinson: Waarom ontgroening?

Freek Robinson, Louis Awerbuck Onderhoude 2024-01-31

’n Storm het losgebars op die Matie-kampus in Stellenbosch oor beweerde ontgroeningspraktyke by die Wilgenhof-manskoshuis. Freek Robinson gesels met die kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die sielkunde rakende algemene ontgroeningspraktyke.  

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Anke van der Merwe

Naomi Meyer, Anke van der Merwe Onderhoude 2024-01-30

"Die ikoniese Breyten Breytenbach se Afrikaanse poësie en laatwerk, en korpuslinguistiek is die fokuspunte van my navorsing."

Top