Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en artikels hier, asook raad en nuus oor allerlei skryfsake. Stuur jou voorlegging vir keuring aan skryfwerk@litnet.co.za.

Read original short stories, poetry, lyrics and journalism here, as well as advice and news about all writing matters.

67 woorde vir Mandela-dag 2017: wenner aangekondig

LitNet Skryfkompetisies 2017-08-29

"Altesaam 140 inskrywings is vir LitNet se skryfkompetisie, '67 woorde vir Mandela-dag', ontvang. 20 deelnemers het die kortlys gehaal, en een van hulle is die wenner van ’n heerlike boekpakkie."

Die vrou met die piering

Elna Jordaan Fiksie 2017-08-28

"Ek hou my piering in my linkerhand en my teekoppie in my regterhand; presies soos Ma my geleer het. Al is ek in die WimpyMy vyftigjarige hande is skurf. My naels is kort en gesplinter. Sunlight liquid en Handy Andy is nie jou maters nie. Ek moes liewers my naels as my hare laat doen het vir tant Sus se begrafnis."

LAPA Jeugromankompetisie 2017

LAPA Uitgewers LAPA Uitgewersportaal 2017-08-23

Skryf nou in vir die LAPA Jeugromankompetisie 2017! Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017.

30 Junie 2016

Jacques de Viljee Fiksie 2017-08-22

"Sy sal terugkom. Sy sal uitvind en terugkom. Sy sal weet dit was ek, hoe ook al sy uitvind. Sy moet net uitvind. En as sy uitvind sal sy weet ek is nou wat sy wou gehad het. Ek moet net seker maak sy vind uit. En dan sal sy terugkom."

Rooi son

Jaco Fouché Fiksie 2017-08-22

"Hy het na die restaurant om ons beduie, die kerse in die papierlanterns, die bamboesplantjies, die afdrukke van Japannese skilderye wat ek toe besef het moontlik nagemaak is. Teen ’n muur was die Japannese vlag met die rooi son daarop. Dit het meteens vreemd in Suid-Afrika gelyk."

Forty years after dawn

Mbizo Chirasha New writing 2017-08-17

"State plans still dressed in torn overalls of parliament
Bullet speaks louder than ballot"

Pluk vir my ’n ster

Stanley Cierenberg Fiksie 2017-08-15

"My mens, dis nou al drie jaar wat ek by die Smaailie-kind werk. Hy is seker al so in sy dertigs, maar vir ’n vrou van 63 jaar oud, is dit mos maar ’n kind. Sien? Ek kan nog so goed onthou hoe ek hier by hom beland het, soos gister sit dit nog in my gedagtes vas."

Landskapvers

Joan Hambidge Poësie 2017-08-15

"Landskap, so weet jy te vertel,
verraai immer iets van die binne-
landskap, die innerlike stoornisse."

Bybel in Kaaps: Die Ôse Vader

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-08-15

"Ôse Vader wat innie hiemel is ..."

BSV-slypskool 2017 met Etienne van Heerden

Corlietha Swart Slypskole 2017-08-14

"Die veelbekroonde skrywer Etienne van Heerden lei vanjaar die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se nasionale slypskool vir ontluikende skrywers wat op Saterdag 26 Augustus 2017 plaasvind." Hier is nog inligting oor die slypskool.

Skryfkompetisie: Vroue wat my inspireer

LitNet Skryfkompetisies 2017-08-08

In die lig van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus nooi LitNet jou om ’n gedig/storie/ware verhaal te skryf oor vroue wat jou inspireer. Hier is die kompetisie-inligting. Die sluitingsdatum is 31 Augustus 2017.

 

67 woorde vir Mandela-dag 2017: kortlys

LitNet Skryfkompetisies 2017-08-07

"Hier is die 20 finaliste van die Mandela-dag skryfkompetisie. Altesaam 140 inskrywings is ontvang."

AVBOB-poësiekompetisie: Ek wou nog sê ...

LitNet Skryfkompetisies 2017-08-04

AVBOB het ’n nuwe poësiekompetisie met die tema Ek wou nog sê ... geloods. Gedigte kan in enige van Suid-Afrika se amptelike tale ingeskryf word en skrywers ontvang R300 vir elke gedig wat gekeur word vir publikasie op die kompetisiewebwerf.

67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings 2

LitNet Skryfkompetisies 2017-08-01

LitNet het lesers gevra om in die lig van Mandela-dag ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Hier is van die inskrywings wat tot dusver ontvang is. Die kompetisie sluit op 31 Julie 2017.

Quarantine

Heidi Henning New writing 2017-07-21

"Something is birthing
a nameless malady ..."

dit snoer my stem

Elize Koch Poësie 2017-07-21

"dit snoer my stem:
die opeenstamelende woorde van die
wyses  die slimmes  die bereisdes en die beleesdes"

67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings 1

LitNet Skryfkompetisies 2017-07-21

LitNet het lesers gevra om in die lig van Mandela-dag ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Hier is van die inskrywings wat tot dusver ontvang is. Die kompetisie sluit op 31 Julie 2017.

Soen langs die pad

Hans Pienaar Poësie 2017-07-19

"Jy lag vir my, sê kom
kom en haal my uit die kar
en vat my aan die hand na
die stroom"

Nat soen op wang

Hans Pienaar Poësie 2017-07-19

"Jou nat soen op my wang voor jy weg is
het my laat wens ek kon proe of daar nog
iets oorbly van gisteraand"

Soen in kroeg

Hans Pienaar Poësie 2017-07-19

"Ek het ’n man gesien wat ’n vrou wou
soen en toe hy haar vind het hulle gehurk
op die ente van hul stoele"

Top