Fiksie

Lees kortverhale en kort-kortverhale deur bekende en ontluikende skrywers. Publikasie is onderhewig aan keuring.
Read short fiction and flashfiction by established and emerging authors. Publication is subject to a selection process.

Fiksie: 'n Moerse klug?

Christiaan J de Swardt Fiksie 2015-12-22

"Dis iewers in die toekoms. Verkiesingskoors is weer verby. Kruisies is getrek, bederf en weerhou."

Begrafnis op Stilbaai

Christof Heyns Fiksie 2015-12-09

"'This way please, down Paradise Road,' sê ʼn jong vrou vanaf een van die advertensieborde. Haar wit glimlag is net so natuurlik en spontaan as die van die mense in die strate. 'Sri Lanka – where dreams come true', lees ʼn ander bord met President Rajapaksa se alomteenwoordige gesig daarop."

Second-hand bookstore, Cape Town

Stephen Symons New writing 2015-11-17

"He wonders – how whole worlds can be buckled into suitcases or taped into wine cartons."

Vrydagaand se kroeg

Daniel Denoux Fiksie 2015-11-04

"Die hare op sy arms staan penorent. Die geraas in die kroeg klink skielik veraf. Die naam weergalm in sy ore."

Miere

SP Benjamin Fiksie 2015-10-28

"Laatnag loop ek kombuis toe. Of is dit die miere wat my dra, sleep? In die donker kombuis sit hulle rondom die tafel."

Almal van ons is op soek na iets

Stanley Cierenberg Fiksie 2015-10-13

"Toe ek daai rok oor my kop trek en by die toilet se deur uitstap, val die dik vrou se pienk milkshake op haar skoot uit."

Fiksie: Die sonde van die vader

Riette Hugo Skryfwerk 2015-09-08

"Dis waar wat die Bybel sê, Marlene ..."

Deur die vaal sluier

Jeanne Mariette Hugo Fiksie 2015-06-24

Uit die konsentrasiekamp: Hier deel 'n skrywer wat weens haar huidige ouderdom nie in aanmerking kan kom vir die wetenskapfiksiekompetisie vir hoërskoolleerders nie, 'n verhaal waar twee fiktiewe karakters met mekaar in gesprek tree oor hul onderskeie wêrelde.

Fiksie: "Die ander vrou"

MS Burger Fiksie 2015-06-18

"’n Glansryke selfmoord, en die feeksgodin van blosende sonskyn regeer vir  ewig vanaf ’n plek waar mense jou dadelik vergewe en met liefde onthou."

Muti water

Estelle Condra New writing 2015-05-06

"Every Monday morning she came walking up the dirt road from the black township, wearing her brightly coloured Basotho blanket around her shoulders and her orange-and-black headscarf."

Jammer, Sjeherazade

Marita van der Vyver Skryfkompetisies 2015-04-02

"Met die retoerreis moes ek weer 'n volle dag in Doha wag - maar hierdie keer het ek volstrek geweier om die lughawegebou te verlaat. "

Pilanesberg in die laatsomer

Alita Steenkamp Skryfkompetisies 2015-04-02 Die Pilanesbergkom is vanjaar besonder mooi in die laatsomer. Wuiwende grashalms wat heuphoogte op die vlaktes staan, getuig van goeie reëns in die vroegsomer. Vir diegene wat bloot kom leeus soek is dit nie die ideale scenario nie, maar vir die wat die skoonheid van ongerepte Afrika kom inadem, kan jy geen mooier skilderdoek kry […]

Brandstigting

LitNet 2015-04-02 Ek weet nie of dit net die ouderdom is nie, maar in die laaste twee maande het ’n paar goed by my ordentlik uitmekaar geval. Eers beseer ek my voet so erg, dat ek na ’n maand nog steeds rondhuppel, en toe, waarskynlik te danke aan die krukke, slaap ek een aand boonop my skouerblad […]

Duinekind

LitNet, Trix 2015-04-02 “Treffend die dogtertjie met die bos hare deur lig omstraal. En kyk daardie groot blink oë, nè.” Annette is bly dat Frik hierdie foto uitgelig het as een wat hom getref het. Dis een van haar gunstelinge. Hy lewer gereeld kommentaar op die foto’s van haar reis na Marokko wat sy per e-pos aan hom […]

Vat vyf, Cinque Terre

LitNet 2015-04-01 Google, jou lekker ding! So teen die einde van 2013 sit ek voor my rekenaar en tik in: “Unesco World Heritage sites.” En daar skop hy hom uit – die Cinque Terre. Ek spring weg en beplan (saam met my vriend Google) die toer van ’n leeftyd vir Julie 2014. My reisgenoot is my ma, […]

Die ou man en Pan

Willem Boshoff Skryfkompetisies 2015-04-01 Eendag, lank, lank gelede, in die verre verlede, was daar ‘n ou man. ‘n Ou man wat graag iets wou ontmoet. Iets ontmoet soos Pan. Nie iets soos ‘n San, of Khoi-khoi of khoisan nie (alhoewel hy tog in retrospek sou nadink dat alles daar by hulle begin het). Nee, vir Pan, ‘n alles, ‘n […]

Oom Dawid se rooi lorrie

Wendy Anthonie Reis 2015-04-01  Oom Dawid de Klerk se bekendheid as karweier het wyer as die Karoovlaktes gestrek. Ewe bekend was sy granaatrooi lorrie met die dik wange, lang dek en houtkappie. Wanneer die houtkap afgehaal is, is brandhout, bakstene en bousand vervoer. Word die kantrelings opgeklap is skaap, bees of selfs perde na buurdorpe en stede aangery. 1968. […]

Die Sout

LitNet 2015-04-01 Ek is op pad Velddrif toe. Van my familie se wortels lê aan die Weskus. My oupa en ouma se laaste rusplek is tussen die duwweltjies in die sandgrond van die ou begraafplaas en iewers op ‘n duin staan ‘n gedenkteken ter gedagtenis aan visserman-drenkelinge met my nooiensvan op. Soos wat ek met die R27 […]

Die Goue du Midi-toer

LitNet 2015-04-01 Ons sluit by die groepie aan wat onder die bome staan en skerts. Serpe roer in die aandlug en Afrikaanse sêgoed val saam met herfsblare op die sypaadjie voor Hotel Du Centre Et Lauragais in Castelnaudary, die rendezvous vir ons kanaaltoer. Binne sit ons almal later aan oor skottels cassoulet, ‘n bredie van gepreserveerde eend, […]

Verwonding

LitNet 2015-04-01 Waar is die weermagkamp nou? Dit was net hier? Die oorlog is verby. Ander soldate marsjeer nou. Walvisbaai. Namibië. Suidwes. Miskien het die dorp net so uitgebrei dat mens dit nie meer kan sien nie. Hulle ry lank in die dorp rond op soek na tekens van die verlede. “Kom ek gaan wys julle die […]
Top