Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede
2023-02-02"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."
Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-02-01"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."
’n Praktiese taalbeleid vir die Wes-Kaap
2023-01-31"Die gebruik van Afrikaans in howe en in plaaslike regerings is afgeskaal tot nul. Dit is asof die DA die plaaslike bevolking ignoreer as dit by Afrikaans en/of isiXhosa kom."
Getting the lights to work by teaching anti-corruption values
2023-01-26"What’s gone wrong with Mandela’s ANC?"
Balneologie en -terapie
2023-01-25"Balneoterapie verwys na die terapeutiese gebruik van natuurlike termiese fonteinwater teen temperature van minstens 20°C en met ’n minimum mineraleinhoud van een gram per liter."
China se strewe na politieke invloed in Afrika
2023-01-23Fanie Herman vertel hoe die Chinese hul politieke invloed in Afrika vestig deur die opleiding van amptenare in die beginsels van die Chinese Kommunistiese Party, en die oprigting van ’n China-Afrika-medianetwerk.
Kletsbotte: Vriend of vyand? Praktiese voorstelle om hierdie kletsbot te omarm om die gehalte van akademiese skryfwerk te bevorder
2023-01-20"Só kan kunsmatige intelligensie ’n vriend in hoëronderwysklaskamers word wat kan help om die gehalte van akademiese skryfwerk te verbeter."
Besinning oor taal en ver-taal I
2023-01-19"Afrikaans pleit vir meesterwerke om in Afrikaans ver-taal te word totdat dit ver-vel (Breytenbach). Dan kry dit ’n eie, unieke en vars ritme." Lees Cas Vos se besinnings oor ver-taling en transformasie aan die begin van die nuwe jaar.
Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns
2023-01-18"Die kwessie van nabootsing is dus wesenlik, en daar kan bygevoeg word dat die eerste skool van KI ook in ’n doodloopstraat beland omdat dit menslike intelligensie masjienmatig probeer reproduseer, terwyl die tweede skool van KI van krag tot krag gaan omdat dit eerder ’n aspek van menslike intelligensie probeer naboots [in die geval van ChatGPT, byvoorbeeld]."
Republiek Natalia en Voortrekkerafrikaans
2023-01-17Gert van Jaarsveld vertel van die interessante taalkundige verskynsels wat hy opgetel het tydens sy werk aan dokumente van die vroeë Nederlandse immigrante-Boere in die Republiek Natalia.
LitNet Akademies Weerdink: Aflandige, konvensionele gaseksplorasie en die omgewing
2022-12-22"Die kragkrisis in die land gaan Suid-Afrika dwing om vinniger na hernubare energie te beweeg en indringende besluite sal in hierdie verband geneem moet word. In die hele debat sal die publiek wel rekening moet hou dat Suid-Afrika nog vir ’n geruime tyd afhanklik gaan wees van steenkoolkragopwekking of selfs aardgas- en oliebronne." Watter moontlikhede word ondersoek en wat sê die Reg?
Moontlikheid en werklikheid: Repliek op Bernard Lategan se LitNet Akademies-artikel
2022-12-21John van Breda lewer repliek op Bernard Lategan se navorsingsartikel in LitNet Akademies: "Die gevaar met hierdie argument is dat dit ’n mens in ’n soortgelyke – omgekeerde – binêre slaggat kan laat vasval deur moontlikheid meer ontologiese status te gee teenoor die werklikheid."
Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer
2022-12-21Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
Die rol van die Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrika
2022-12-20Fanie Herman plaas die kollig op die omstrede Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrikalande: "Wagner se ontplooiing van soldate gaan gepaard met die ondermyning van wettige regerings, die aanhitsing van sosiale polarisasie deur middel van disinformasieveldtogte en ongrondwetlike aansprake op mag."
LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer
2022-12-20Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!
Suid-Afrika: een groot tuisland
2022-12-14"Vandag word die verskuiwende identiteite wat apartheid genoodsaak het, deur die internet en sosiale media voorgeskryf; ’n mens kan redeneer dat dit ’n nuwe fase van Westerse kolonialisme is wat soortgelyke verwoesting weens die verdeling van gemeenskappe teweeg bring. In plaas daarvan dat SA ’n gelykmakende, oopgestelde republiek geword het, lyk dit asof verdeeldheid net groter is."
COVID-19: Hoe dit die brein affekteer
2022-12-12"Daardie newel wat oor die brein hang, soos oggendmis wat nooit wyk nie, is nog ’n gevolg van COVID-19 wat miljoene mense raak. Tussen 20% en 30% van mense ervaar dit tot drie maande nadat hulle die virus gehad het, en dit onderskei nie tussen diegene wat gehospitaliseer is of nie. Pasiënte ervaar moegheid, ’n breinwaas, insomnia en probleme met geheue."
Gesinsgeheime: taboe of bate?
2022-12-09"Die spesifieke doel van hierdie artikel is om die rol en implikasies van geheimhouding en anonimiteit in gesinne waar ’n swangerskap met behulp van skenkerinseminasie (kunsmatige inseminasie met skenkersaad of KIS) geïnisieer is, kortliks te bespreek."
Antjie Somers, vleisvreters, en die vraag om verwikkeld te lees: ’n reaksie op Chan Croeser en Jacomien van Niekerk se kinder- en jeugboekseminaaressays
2022-11-30"Hoef daar vir ’n herverbeelding van Antjie Somers geargumenteer te word? Mag Antjie Somers herverbeel word? Hoe kan ons Antjie Somers herverbeel?"
Die verbindings in jou brein is wie jy is
2022-11-28"’n Reeks navorsingartikels is pas bekendgemaak in die vakjoernaal Science wat vele nuwe insigte bring oor hoe die mens se brein werk. Hierin word aannames oor die brein ook nekomgedraai, soos dat die een hemisfeer kreatief is en die ander een rasioneel."