Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Moer toe met die wolk saam
2024-03-18"Jy is die groot data. Wat jy met jou rekenaar, slimfoon en ander slimtoestelle doen, is die tafel waarop KI se feesmaal gedek word. Jy is geld werd."
Wes-Kaapse onafhanklikheid: ’n bondige blik op die regsinstrumente
2024-03-07"Verskeie rolspelers is tans besig om aan die kwessie van Wes-Kaapse onafhanklikheid prominensie te gee. Dit is te verstane gegee die verval en wanregering in die res van die land, wat grootliks onder ANC-beheer is op alle vlakke van regering."
Die multidimensionele aard van spermskenkings en kunsmatige spermskenkerinseminasie
2024-03-06"Altruïsme behoort ’n grondliggende rol in eerlike skenkerskap te speel, aangesien dit skenkers sou motiveer om skenkings te doen sonder om verdere teenprestasies te verwag as bloot die bevrediging om te weet dat hul skenking ’n positiewe verskil in die lewens van ander individue maak."
Nostalgie en films
2024-03-06"’n Kyker mymer onlangs: 'Ek is gek oor Ballade vir ’n enkeling, want dit speel af in ’n tyd toe daar nog treine en stasies was', terwyl hy 'Tussen treine' hartseer en uit sy hart sing. Ja. Hoe het tye verander, en die rolprent bied ’n mate van tydelike troos. Pleister op ’n besmette emosionele wond wat nie meer kan genees nie."
Die reg om in vrede en sonder pyn te sterf
2024-03-06"DignitySA gaan vanjaar die Hooggeregshof in Pretoria nader om bystandsdood in Suid-Afrika te dekriminaliseer en te wettig, maar hulle het ook ten doel dat behoorlike wetgewing en behoorlike regulasies daargestel word."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek met Kleinboer oor Erf en elders
2024-02-28Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Kleinboer oor Erf en elders, Kleinboer se onlangse bundel.
Barbie, popsimboliek en die digkuns
2024-02-21"’n Pop bestaan vir die plesier van ander, en ’n persoon wat haarself as ’n pop voordoen, wil ander mense altyd gelukkig hou. Sy het altyd ’n glimlag op haar gesig, maar niemand weet van die seergemaakte siel wat agter die porselein skuil nie."
Finansiële beplanning – bloudruk vir sukses
2024-02-15"Wat is finansiële advies en is dit vir almal? Is dit vir beginners wat nou net met ’n loopbaan begin, of net vir diegene wat reeds genoeg spaargeld bymekaargemaak het? Wat is die kostes en het ek ’n finansiële adviseur nodig, of kan ek dit self doen? Ek gaan poog om hierdie delikate aangeleentheid in ’n neutedop, dog so deeglik moontlik, aan te spreek."
Durban’s water crisis: far more than pipes and taps at stake
2024-02-15"For months now, the water and sanitation (WSS) unit of eThekwini (Durban) municipality has been in the news for all the wrong reasons."
Die 86 inkarnasies van Catherine
2024-02-12"Uiteraard is reïnkarnasie herverpak in ’n versuikerde gedaante waarin daar afgewyk word van leerstellings. Begrippe soos old soul en gevoelens van déjà-vu, herhalende drome, ESP, irrasionele fobies, of ’n affiniteit vir vreemde kulture en tydperke is sonder meer aangevoer as redes vir reïnkarnasie."
Om rou waar te neem
2024-02-12"Wat doen mens wanneer jy dagboek skryf na die dood van ’n geliefde? Waar begin jy? In hierdie bydrae neem ek spesifieke passasies uit A grief observed, in geen uitgewerkte volgorde nie, maar gelei deur waar ek bevind het tydens die lees van die dagboek. Ek vermoed hierdie notas kan mense wie se geliefdes oorlede is, help om hulle eie ervarings van rou waar te neem, en te leer om daarmee saam te leef."
Vroegste bewyse nóg van moderne mense wat na Europa migreer het
2024-02-07"Die aankoms van moderne mense in Europa is belangrik, omdat dié landskap nie leeg was nie – daar was reeds ander komplekse mense wat saam met die Denisovans die naaste aan ons verwant is."
Die Iowa-voorverkiesings 2024: Trump 2.0?
2024-01-17"Wat sou die implikasie van die Iowa-voorverkiesing wees as ons die Amerikaanse politieke blik in die pad sou afskop tot op 5 November 2024?"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks – ’n Profeet vir ons tyd: In gesprek met Benoît Chantre oor René Girard
2024-01-17"Girard het in effek die groeiende identiteit van mense in voor- en teëspoed bedink. Dit is die geniale kenmerk van sy denke: Hoe meer ons stry om ons verskille te verdedig, hoe meer eindig ons daarby om dieselfde te word."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die sonderlinge lewe en werk van René Girard – oor Benoît Chantre se René Girard – Biographie
2024-01-17"’n Mens sou dink dat Girard veel bekender en invloedryker in die Afrikaanse wêreld sou wees as wat die geval is, naamlik eerstens dat hy enorm belangrike werk oor die letterkunde en die literêre teorie gedoen het, en tweedens dat hy anders as feitlik al sy Franse tydgenote (behalwe Ricœur) nie net gelowig was nie, maar eksplisiet vanuit ’n Christelike raamwerk ’n absoluut unieke korpus werk gelewer het."
Ou DNS wys bron van siekte
2024-01-15"’n Reuse ontleding van antieke DNS het daartoe gelei dat navorsers die historiese migrasie van sekere gene in ons Europese voorsate kon ontleed. Dit het gewys waar verspreide sklerose (VS) ontstaan het, en hoekom."
Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word?
2023-12-14"Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is ... ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees."
Verslag oor die Hoerikwaggo Indaba: ’n suksesvolle byeenkoms
2023-12-11"Wat ook duidelik na vore gekom het in die gesprekke, is dat bruin mense nie ’n rassegroep is nie, maar wel ’n kultuurgroep binne die Suid-Afrikaanse bevolking. Die verskeidenheid binne bruin geledere moet gevier en omarm word."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek tussen Johann Rossouw en Henning Pieterse oor Michel Houellebecq en Rossouw se vertaling van Houellebecq se nuwe roman, vernietig
2023-12-07Hierdie video vorm deel van Die Johann Rossouw-gespreksreeks.
Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?
2023-12-06"Dat daar ruimte vir beide letterkundige resensies en lesersindrukke is, is die meeste mense dit eens. Dit is die vraag wie bevoeg is om resensies te skryf en die aard daarvan wat die afgelope week die toetsborde oortyd laat werk het."