Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Taal van my hart
2022-03-22"Lawe my met rosyne, want ek is flou van liefde. Ek kan rinkink in my taal."
Virtuele nasate
2022-03-16"By sy begrafnis het my ma vir die eerste keer haar halfsibbe ontmoet. Ek was toe 19. Na die diens het ek op my bed gaan lê en gehuil. Eers met my wang sywaarts op die kussing. Jy kan met een oog huil, soos ’n sikloop. Huil in reliëf, soos ’n sfinks. Huil met jou kop tussen jou hande terwyl die trane bidsnoere maak om jou polse."
Sal ’n enkele Afrika-geldeenheid goed wees vir Suid-Afrika?
2022-03-15"Julius Malema, Pandor en die ANC wat blindelings droom van ’n federale Afrika sonder grense en ’n enkele Afrika-geldeenheid, moet die uitdagings in gedagte hou waarmee die Eurolande worstel. Veral omdat Afrika ’n arm vasteland is wat dikwels deur korrupte, onbevoegde en rassistiese regerings regeer word."
Lat die mense govern, Uncle Cyril
2022-03-15"Of dink djy djy gan ie hero wies wat singlehandedly ie fight gan stop? Kan miskien gewêk het as djy gedeal het met sane mense, maa daai Poetin issie sane nie, Uncle. Hy sal djou virre pop vat en djou (en ôs) sam met hom aftrek. Raak wys, Uncle."
Nog ’n koppie boeretroos vir jou?
2022-03-07"Dis during daai dae dat kitchen dressers so in die limelight gekom het. Sulke cream en light greens. Die hele kas was cream gepaint en al wat ’n laai en deur was in light green. And al die handles was silwer. In the middle bo was ’n klein kombuisklok ook gewees en just below it twee glasdeurtjies wat sideways oopgeskuif kon word. But jy kon nie daardeur sien nie."
Brittney Griner, Poetin se nuutste politieke speelbal
2022-03-07"As hierdie redenasie korrek is, dan het Poetin hom gruwelik misgis. Amerika gaan hulle nie laat uitlok om die Derde Wêreldoorlog te begin oor hierdie arrestasie nie."
Staan maa eider ytie water, Uncle Cyril
2022-03-01"Besides, daa waai nie ’n windjie tussen Rusland en China ie, soe tight is hulle. En ôs need hulle twie se investments."
Oumaklere
2022-02-25"Sy’t mos net fyn patrone gedra, want groot goed laat mens uitgestoelt lyk nes ’n adamsvy. In die winter was dit Viyella – was mos van merinoskape se wol geweave. Dis seker wat van FCU se wol geword het, het ek gedag. In England, my dear. Nie sommersó nie! Niks crimplene of trilobal nie."
Van Rusland, met liefde?
2022-02-22"Maar waar staan ons in Suid-Afrika? Ons ontvang hulp van die VSA, en ons het stewige ekonomiese verhoudinge met Rusland en China. Dit voel inderdaad soms asof ons in die proses is om deur China gekoloniseer te word, stilweg en sonder dat daar veel teenstand is."
Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)
2022-02-21"Die meeste huiskatte is arrogante introverte. Om die waarheid te sê (en nou trap ek katvoet, want ek is ook ’n katliefhebber), katte is totaal self-absorbing. Enige liefde of toenadering teenoor hulle humans word as ’n wonderwerk beskou, al staan kiets en skuur en miaau teen die yskas vir tuna. Katte is narsiste."
SONA 2022: Local is lekker en ons laat niemand agter nie
2022-02-11"Dis al wat ek nou vra. Minder speech, meer doen."
Swerfjaar vir seniors, aflewering ses: Ses lesse ná ses maande van swerf
2022-02-10"Die lysie kan baie langer wees – en sal ongetwyfeld nog aangevul word – maar ek gaan my tot ses lesse beperk. Een vir elke maand van my nuwe nomadiese bestaan. Dalk is die belangrikste van alles wat ek geleer het, juis dat jy nooit te oud word om te leer nie."
Troutyd op Graaffernet se strate
2022-02-09"Orals op die tafel lê trimmings soos silver wishbones met strikkies aan (dit moes pinkie teen pinkie getrek word en you make a wish) tussen konfetti. Én daar was stukkies mementotroukoek, with marzipan en icing, als toegeplak in cellophane met cellotape and a little card met die bruidspaar se name, troudatum en ‘baie dankie thank you’ op geprint, so tussen glitter en konfetti."
Waar’s die mandjies met blomme?
2022-02-02"Maar toe kom Interflora mos ok nog oppie market en mens kon blomme stuur vir mense in ander dorpe of ’n anner land as hulle verjaar. But you never saw what was delivered, en die kaart was nie in jou eie handwriting nie ..."
Vroue soek equal status, nie net paper rights nie
2022-02-01"Wiet djy Uncle, ek praat van experience. As die kinnes innie straat stout is, en ’n vrou praat met hulle, dan kap hulle ignore. As ’n man ytstiek, dan hoef hy nie ees te praat ie, hulle is somme ammel soet. Oppie spot."
Die stert wat die hond swaai
2022-01-26"Maar ons almal weet baie goed dat wanneer Malema en Nxesi van 'buitelanders' praat, dan fokus hulle nie op die Duitsers en Britte en Amerikaners wat hier werk nie. O nee, die 'buitelanders' wat hulle teiken, kom almal uit ander dele van Afrika."
Hoekom het Lindiwe Sisulu nog ’n werk?
2022-01-21"Maar selfs terwyl ons almal weet dis hoe dinge werk in Suid-Afrika, is Lindiwe Sisulu se politieke voortbestaan een of ander wonderwerk. Toegegee, sy het die famous van, maar vir hoe lank kan mens nou eintlik op jou ouers se reputasie ry?"
Die paartie-tapes
2022-01-21"Vandag se generasie het nie ’n vaagste benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie."
Jaar van maak of breek vir Matamela
2022-01-18"Die onthullings en aanbevelings in die eerste deel het die RET-faksie blykbaar ongemaklik gemaak en toe klap die skote met die meningstuk van Lindiwe Sisulu waarin sy onder andere skryf dat regters binne koloniale denke vasgevang is en ook dat die Grondwet net ’n struikelblok vir snelle ekonomiese transformasie in die land is."