Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Kavanaugh, vroueregte en die toekoms van protes

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-10-17

"The handmaid’s tale is nie meer net ’n distopiese verhaal nie. Dis ’n waarskuwing, ’n blik op ’n potensiële toekoms, een wat vroue nie kan bekostig nie. Nie nou nie, nie ooit nie."

Daa’s ’n roering

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-10-11

"Uncle Ramaphosa se hare raak elke dag al hoe meedere gryser. Hulle sê wanne ’n skip sink dan vlug die rats. Soe, ôs sieke dâm nog okay, wan daa is noggie ’n geskarrel innie gawementie. Of is daa?"

Jakes Gerwel se skrywersnalatenskap

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-10-03

"Vanaf 2019 beoog die Jakes Gerwel-stigting om nuwe skrywers by die huis te verwelkom in ’n projek wat broodnodig in Suid-Afrika is. Hierdie skrywers word dan in verbinding geplaas met gevestigde skrywers wat hulle van praktiese raad bedien, hulle help om hul werk te verbeter en oor die algemeen as mentors optree."

Makataan se anner naam

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-10-03

"Die anner dag, toe hoo ek pe ongeluk hoe mense praat vannie lekke makataankonfyt. Die ding is dié, though: die woord “makataan” wassie gebruikie ..."

’n Biblioteek is meer as net boeke

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-09-28

"Ek is nou nog lid van die biblioteek. Hierdie week het ek weer gegaan om boeke uit te neem. Maar tot my skok het ek ontdek dat al die rakke leeg is. Die boeke is opgepak en word nou geberg tot verdere kennisgewing. Intussen word die gemeenskap ontneem van ’n broodnodige diens. Tot verdere kennisgewing."

#MeToo en #TimesUp: die nadraai

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-09-27

"Sekspeste sal ophou net as daar daadwerklike gevolge aan hul dade gekoppel word. Dank hulle af sonder pensioen. Swartlys hulle binne hulle bedryf. Daag hulle voor die hof. Laat hulle die moontlikheid van tronkstraf in die gesig staar."

Botham Jean en polisiebrutaliteit in Amerika

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-09-21

"As Trump se Amerika ’n fliek was, het iemand soos Tim Burton as regisseur opgetree. Die een dag is meer bisar as die ander."

Trein-evangelis: “God hettie letties en moffies geskape nie!”

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-09-13

"Maa hoekô issit dan net oo die een ding wattie kêk sy mond rek? Die Bybel lê vol van reëls en regulasies van wat mens as Christen mag doen en wat mens nie mag doen nie. En wat djy as mens moet doen om rêrig soes ’n kind van God te liewe. Of lies ôs maa amal ôs Bybel net soes ôs wil?"

Vir wat die alewige naamsveranderinge?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-09-06

"Dit laat gemarginaliseerde groepe voel dat daar aan hulle erkenning gegee word. Dit laat mense voel dat hulle behoort wanneer hulle ’n sekere gebied binnegaan. Dit laat mense voel hulle kom tuis."

Malema sê: “Bring jou AK-47!”

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-08-30

"Wan Mr Malema, jou geskietery stuur ’n vekeere boodskap an jou volgelinge en oek dié wat tien jou party is."

Sosiale geregtigheid en die ANC se grondbeleid

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-08-22

"Daar kan nie ware geregtigheid wees as die regstelling net gebruik word as ’n wortel voor die neus met ’n korttermyndoelwit voor oë nie."

Die Zombie Apocalypse

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-08-15

"Die storie van antie Ellen [Pakkies] se struggle wôd op 7 September 2018 landwyd gerelease. Die storie is gebaseer op antie Ellen se liewe en struggle met haa sieen, wat sy finally veloorit deu haa eie hanne."

Die kerk, gays en die hof

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-08-14

"Tradisioneel is die howe maar traag om oor kerksake en geloofsbeginsels uitspraak te lewer. Wat hierdie saak anders maak, is dat geloofsbeginsels en die Bybel glad nie ter sprake is nie."

Magnus en die seuns

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-08-06

"Hoekom dit meer skokkend moet wees as die bewese feite dat hulle menseregte-aktiviste gemartel en vermoor het, is vir my duister. Hoekom dit meer skokkend moet wees as die gebeure van 16 Junie 1976, weet ek ook nie. Dis tog dieselfde groep, en dieselfde mentaliteit, wat vir albei verantwoordelik was."

Vrouemaand – net nog ’n gimmick, soos Valentynschocolates en Paaseiers

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-08-06

"Elke Augustus is dieselfde: ’n string uitnodigings om praatjies te lewer oor die rol van die vrou, die nasionale Departement vir Vroue en Kinders skrik wakker en onthou dat hulle eintlik ook ’n rol te speel het, en politici stof hulle 'vroue is wonderlik' speech van die vorige jaar af en paradeer dit. Maar wat het regtig verander vir vroue?"

’n Wag voor die mond

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-07-31

"Op hierdie stadium in ons politieke lewe, waar soveel spanninge en onderstrominge ons samelewing op ’n mespunt laat draai, kan ons eenvoudig nie bekostig dat ’n onversigtige woord verby die wag voor ons mond (of pen) glip nie."

Zelda Jongbloed

Jason Lloyd In memoriam 2018-07-27

"Zelda Jongbloed was van die eerste Afrikaanse strugglejoernaliste wat destyds vooruit geloop het om verkenningswerk te doen en sodoende die joernalistieke bedding vir toekomstige niewit joernaliste in die Afrikaanse joernalistiek voor te berei."

Wolf met sy sakkie Royal Galas

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-07-26

"Hy’t my ’n Royal Gala gegie. Dit was my betaling." 

Die stille verdwyn met Alzheimer’s

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-07-26

"Hoeveel van ons wese is nie opgesluit in ons ervarings, in ons herinneringe nie? En as jy dit verloor, is jy nog dieselfde persoon?"

Is ons regtig verbaas oor die proteste?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-07-18

"En as niemand na jou wil luister nie, en by gebrek aan kanale om jou griewe reg te stel, kan die grootskaalse afbreek van munisipale geriewe terapeuties wees."

Top