Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Wit nasionaliste en moorde in aanbiddingsplekke
2019-03-19"Hier by ons is daar ook die afgelope twee, drie jaar ’n toename in aanvalle gemik op moskees en sinagoges. Glo ons regtig wit nasionalisme in Suid-Afrika het in 1994 ’n stille dood gesterf?"
Die Niewe Jesus, ampe maa noggie!
2019-03-12"Dis daa wat ek myself as jongmens tienie kêk en sy lang lys van T’s & C’s lat besluit het, en ek het my plek gat invat oppie Jaart of sjebien soes baie dit ken."
NG Kerk kry pak in die hof
2019-03-11"Hierdie saak het natuurlik reperkussies wat heelwat verder strek as die NG Kerk se gay-paniek. Enige organisasie wat aanspraak maak op een stel regte as belangriker as ʼn ander stel regte van ʼn minderheid, sal nou baie versigtig moet trap."
Dis 2019. Maak dit regtig nog saak as ’n mooi man gay is?
2019-03-05"Maak dit regtig nog saak in 2019 of ʼn mooi man, en Aucamp is dit beslis, gay is? Is dit regtig nog nodig vir bekendes om formele statements te maak oor seksualiteit? Wie gee om?"
Het dit tyd geword dat ons sukses herdefinieer?
2019-02-25"As sukses bestaan uit ʼn oombliklik herkenbare gesig, rykdom en roem, hoekom is daar soveel glanspersoonlikhede wat self-medicate? Soveel wat aan depressie ly? Soveel wat sukkel met geestesversteurings? Soveel wat ineenstortings belewe? Soveel wat uiteindelik hul eie lewens neem?"
Skep asem!
2019-02-21"Ôs het ’n International Festival nodig oppie Vlaktes. Dissie asemskep wat ôs nodig het."
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie het die slickste politieke masjinerie in die land?
2019-02-18"Stem met jou gewete en nie uit skuldgevoelens omdat jy iets ontvang het nie. Dis nie verniet nie. Dis nooit verniet nie. Jy sal vier jaar lank betaal aan daai stukkie hoender."
Wie wen wanneer Eskom die ligte afsit?
2019-02-12"As die kragtoevoer vir veel langer onbestendig bly, gaan voornemende beleggers kleinkoppie begin trek. So kort voor die verkiesing kan die Ramaphosa-faksie, wat ten minste nog ʼn funksionele regering probeer behou, nie daardie verliese bekostig nie."
Kô proe, wan soe smaakie Souci!
2019-02-11"Soe, los maa vi education en gat maak jou ʼn sportswinkel of ʼn boxing parlour oep, wan djy het ʼn geweldige swing, Juffrou."
Staatsrede 2019: “Watch this space”
2019-02-08"Hierdie jaar het dit gevoel asof ons te doen het met ’n president wat weet wat hy doen. Vir die eerste keer in ’n lang tyd het die staatsrede my hoopvol gelaat, veral aan die einde, toe hy al die leiers van die opposisiepartye by die naam noem en uitdaag om te help bou aan ’n beter Suid-Afrika vir almal, verby partypolitieke grense."
Kan Zille se belastingrevolusie werk?
2019-02-05"Ten beste kan ’n gedeelte van belasting van die staat weerhou word, maar nie alles nie. Of ons dit wil weet of nie, ons lewe in ’n simbiotiese verhouding met die staat, al voel dit soms eerder na ’n parasitiese verhouding, met ons as gashere."
The rise and fall of Mmusi Maimane
2019-01-31"Over recent years, the DA has attracted South Africans of different backgrounds with diverse ideological views. Maimane is under enormous pressure to keep these different interest groups with different backgrounds happy in the party."
Die groot gevry na die bruin stem
2019-01-29"Hierdie jaar, 2019, en hierdie algemene verkiesing beloof om een uitgerekte reeks skermutselings te wees, met al die politieke gepretzelry wat dit impliseer. Vrugbare teelaarde vir satirici. Goedkoop vermaak vir die res van ons."
Tel op jou gemôs, djy’s mossie by jou huisie
2019-01-23"Ek kan dittie vestaanie. Dissie soes ’n mens se ma mensie geleerit om skoon te maak agte jouselfie."
Nathan Phillips, Nick Sandmann en die MAGA-saga
2019-01-21"Ons belangrikste taak hierdie jaar is om aan te hou praat met mekaar, om ons diversiteit te vertroetel, om al stampend en stotend ’n verstaan van mekaar te probeer opbou, om nie toe te laat dat siniese uitsprake goeie verhoudinge vertroebel nie."
ANC-verkiesingsmanifes: skisofrenie of kollektiewe geheueverlies?
2019-01-16"Die manifes werk as mens vergeet dat die ANC alreeds ’n kwarteeu lank regeer, en nog steeds nie hond haaraf kon of wou maak op enige van daai beloftes nie. Seker moeilik om te regeer as jou snoet so diep in die trog is."
Djy kôt net 30%. “Dis genoeg!” sê hulle.
2019-01-15"Soe hulle sê nou actually dat djy hoef net 30% van Engels of Afrikaans te vestaan dan kan djy maa universiteit toe gan?"
Kan die gedrukte media oorleef?
2019-01-14"Die onlangse sluiting van Die Burger Oos-Kaap se daaglike papieruitgawe tussen Maandag en Donderdag is ʼn tragiese voorbeeld. Dié koerant se papierweergawe verskyn voortaan net op Vrydae en kan op ander dae (Maandag tot Donderdag) aanlyn gelees word."
Vroue in die politiek
2019-01-14"Alexandria Ocasio-Cortez is ’n naam wat hopelik nog lank in die Amerikaanse politiek gaan weergalm. Selfs nog voor haar inhuldiging het ouer Republikeinse politici haar al begin aanval, die duidelikste teken nog dat hulle haar as ’n ernstige bedreiging beskou."
Die muur: Trump se obsessie, demokrasie die prys?
2019-01-09"Trump met die magte wat ’n noodtoestand hom gee, sal Hitler soos ’n amateur laat lyk. Beheer oor die pers, beheer oor sosiale media, magte om bankrekenings te vries en besittings af te neem, magte om mense in hegtenis te neem sonder die normale beskermings. Klink bekend, nie waar nie?"