Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Trane oorie veliede: die lied van ’n “nieblank”
2019-06-25"Intergenerational trauma – dis die draak se naam."
Staatsrede Junie 2019: Is Cyril versin in sy kop?
2019-06-21"Sy toespraak was gerig op die middelklas. Dis immers hulle wat droom van ʼn sneltrein tussen Gauteng en Kaapstad. Die res van ons wil net asseblief graag hê Metrorail moet ons by ons fabriekswerk uitbring sonder dat die trein uitbrand, of ons beroof word, of die spoor gesteel word. Net van Eersterivier tot Kaapstasie of Soutrivier, asseblief."
Die gevaar van die enkele narratief
2019-06-19"Dink hoe anders sou geskiedenisboeke uit my skooljare daar uitgesien het as die Slag van Bloedrivier vertel was uit die oogpunt van die Zoeloe-stryders. Of die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap uit die perspektief van die Khoikhoi. Dink hoe anders sou ons literêre geskiedenis lyk as die plaasroman deur die plaaswerker geskryf was."
Woorde wat die wenkbrou laat lig, om al die verkeerde redes
2019-06-11"Dink watter verskil dit sou gemaak het indien daar van ’n groep Xhosasprekendes gevra was hoe hulle voel wanneer hulle uitgebeeld word op die wyse waarop dit gedoen is. Of as ’n groep bruin mense gevra was hoe hulle voel oor die term kleurling, of die geloof dat om mense uit te sluit nie rassisme is nie."
Compassion en godsdiens, politiek, sport: die onheilige drie-eenheid
2019-06-05"Die toksiese kombinasie van vrees en onkunde kan baie maklik veroorsaak dat mense keuses maak wat teen hul eie beste belange indruis. Hoekom anders sal Amerikaanse boere volhou om Trump te ondersteun wanneer sy beleid tot hul ekonomiese ondergang lei?"
Andrew Murray, Desmond Tutu en die pryswenners
2019-05-30"Wat my sekerlik vir ʼn lang tyd sal bybly, is die feitlik onopsigtelike wyse waarop die Andrew Murray Prysfonds inklusiwiteit binne Christelike konteks bevorder. In ʼn wêreld waar godsdiens al meer gebruik (en misbruik) word om uit te sluit, is dit ʼn baken van hoop."
’n Oepe Brief: vestaan jou storie voo djy wil praat van hoe dom ek en my kallidness is
2019-05-20"Mense van kleur liewe nog elke dag in ʼn oorlogsone, en die kallid anties, sustes en kinnes wat julle soe innie gesig gevat het, ôs moet elke dag, elke God-given day, oo die een of anner hurdle spring om net annie liewe te kan bly."
Koebaai allerbeste onvolprese Naomi
2019-05-17"Jou werk het feitlik altyd agter die skerms gebeur, en ek dink LitNet se lesers verdien om ten minste te weet wie jy is."
Verkiesing 2019: Ideologiese debatte is besig om te kwyn
2019-05-06"Om indringend na die beleid van die politieke partye te kyk voordat ʼn keuse by die stembus uitgeoefen word, gee Suid-Afrikaners ʼn kans om verby ras of etnisiteit te beweeg. Suid-Afrikaners is alte geneig om volgens die ou raspatrone van die verlede te stem."
Verkiesing 2019: Hoekom 10 miljoen stemgeregtigdes nie registreer nie
2019-05-06"Wees betrokke. Gaan stem. Gaan braai agterna, as dit jou ding is. Maar moenie wegbly en agterna steen en been kla oor hoe onregverdig die politiek is en hoe vrot die politici is nie. As jy jou stemreg abdikeer, dan abdikeer jy ook die reg om agterna te kla."
Suidoosterfees, Gangsters en kuns
2019-04-29"Hoekom sou enigiemand lag, of jil, tydens gedeeltes van die vertoning wat eintlik vra vir ʼn ander tipe reaksie? Is mense so afgestomp vir wat in ons samelewing aangaan dat lag die enigste reaksie is om te toon? Of het die lag ʼn dieper ongemak probeer wegsteek?"
Sosiale media: euwel of hulpmiddel?
2019-04-25"Enigeen sal verstaan dat sekere inligting sensitief is en dat dit nie lukraak gedeel kan word nie. Om egter sosialemedia-stilte af te dwing, ook op ander wat dalk nie oor die bomontploffings wou kommunikeer nie, maak die deur oop vir despotisme."
Watter party sal rêrig die sake van Suid-Afrikaners vorentoe vat ennie net volgens rasgroepe nie?
2019-04-18"En dis al wat mense soek. Amal van ôs. Om gehoo te wôd, en raakgesien te wôd, en om te voel soes ôs menslikheid raakgesien wôd."
Bring nasionale diensplig terug
2019-04-16"Hoekom nie byvoorbeeld nasionale diensplig herinstel nie? Hierdie keer nie om burgers te leer hoe om ander burgers af te maai en te onderdruk nie, maar om te leer opbou."
Is kernkrag die antwoord?
2019-04-10"Met Eskom en sy gemôs is daa sieke baie mense wat biesag is om te kyk na alternatiewe maniere om krag te kry."
Ramaphosa se skoonmaakbeleid en die ANC se kandidatelys
2019-04-10"Die strategie agter die optrede deur Mboweni jeens Mkhwebane is egter van groter belang vir Ramaphosa se skoonmaakprojek."
Ôs het nog “Musk”-saadjies nodag
2019-04-09"En elke jaa soes ek sien hoe Hoerikwaggo brand, dink ek trug an my grootmense se wysheid. Dit moet brand, virrie oud om te vegaan, ennie niewe om op te staan."
Joe Biden: sekspes of ongelukkige slagoffer van #MeToo?
2019-04-09"Dis juis hierdie dubbele standaard wat maak dat daar soveel klagtes oor seksuele teistering die afgelope ruk in die pers aandag geniet. Mans in magsposisies word toegelaat om op onvanpaste maniere op te tree, en kom weg daarmee, omdat hulle charismaties is en volgers het wat hulle sal verdedig."
Waar is die kerk se sosiale geregtigheid?
2019-04-01"Hierdie verkiesing gaan ʼn bumper crop wees van politici wat nie omgee vir hul kiesers nie. En die kerke, dieselfde kerke wat voorheen vir geregtigheid gestaan het, is hierdie keer weifelend, skoorvoetend om hul nek vir geregtigheid uit te steek."
Is vroulike politici beter vir ons wêreld?
2019-03-25"Selde sien mens dieselfde by hul manlike eweknieë. Vroue het eenvoudig hul vinger op die pols van die nasie op ʼn manier wat mans dit nie het nie."