In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Elders gesien: Jaap Steyn – "Afrikaans het ’n groot seun verloor"
2021-09-07"NALN se gange weergalm van stilte - sy plekkie in die leeskamer is leeg."
Jaap Steyn – ’n huldiging
2021-09-07"Ek is hartseer oor die heengaan van ’n mens met ’n groot intellek en ’n troue hart; maar ek is ook dankbaar vir die verryking wat hy deur sy geskrifte en sy menslikheid in my lewe en die lewens van baie ander gebring het."
’n Persoonlike huldeblyk aan Jaap Steyn
2021-09-06"Afrikaans het ’n paar groot biograwe, van wie Jaap Steyn een was."
Koos Oosthuysen (1933–2021): Vertaler van veelvoud
2021-09-03"In mý vertalingkop is Koos Oosthuysen die laaste van die heel grotes." – Antjie Krog bring hulde aan Koos Oosthuysen, vertaler van kerkliedere en die 1996-Xhosa-bybel, wat op 26 Augustus 2021 oorlede is.
Huldeblyk aan Herman Bailey
2021-07-29"Herman se lewe is ’n dokument vir die stryd wat bruin mense gevoer het om selfbeskikking."
Herman Bailey, man van krisante en wyn
2021-07-27"Herman Bailey en sy vrou Carol was geliefde mense en ware staatmakers. In Wellington kon jy nêrens ongesteurd saam met hulle beweeg nie."
Naledi bring hulde aan Rosa Smit
2021-07-22Dit is met groot hartseer dat ons by Naledi verneem dat Rosa Smit oorlede is.
Pieter Wagener was ’n renaissance-persoon
2021-07-16"Ek was bevoorreg om hom iewers in 2009 te ontmoet. Ek het gereeld by hom koffie gedrink as ek in die omgewing van Fort Beaufort was."
DH (Heinie) Heydenrych (1938–2021)
2021-07-13Die akademikus en navorser Heinie Heydenrych is op 5 Junie 2021 in Pretoria oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
Herinneringe aan Petra
2021-07-02"As my kollega by Tafelberg-Uitgewers was sy vir my Petra Grütter. Met haar publikasies: Petra Müller."
In memoriam: Abel Pienaar
2021-07-02"Hy het daarin geslaag om die skanse van die eens onaantasbare dogmas wat as die absolute waarheid voorgehou is, te bevraagteken en af te breek sonder om te verwag dat mens moet saamstem met alles wat hy sê."
My wakkerwordpad saam met Abel Pienaar
2021-07-01"En vandag het die boek aangekom – ’n kosbare geskenk ... Saam met – net ’n uur of wat daarna – die skokkende nuus van Abel se dood."
Klein dorpie groet groot gees: Paternoster se mense bring hulde aan Johan Carosini
2021-06-29"Johan Carosini, jy sal nie vergeet word nie; jou naam sal altyd in dieselfde asem as Paternoster genoem word."
Sondagoggend en nege Post-Its van Petra
2021-06-28"Jou ouma, 'die beroemde Annie Skilpad, weduwee van mooi-Arend Dippenaar … Dis sý wat gesê het: Ek sal lank dood wees, dan sal julle nog van my praat'" – Rachelle Greeff bring hulde aan Petra Müller wat op 25 Junie 2021 oorlede is.
Petra Müller: "’n Mengsel van die sublieme en alledaagse"
2021-06-26Petra Müller is op 25 Junie 2021 oorlede. Lees Hannes van Zyl se toespraak by die bekendstelling van haar bundel Die aandag van jou oë, wat in 2005 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is.
In memoriam: Lucinda Riley
2021-06-12"Ek het Riley nooit geken nie, maar is een van die miljoene lesers wat my verlustig het in haar reeks oor die sewe susters."
Shaleen Surtie-Richards, my hart is seer
2021-06-10"Vir my sal Shaleen die enigste Fiela Komoetie bly. Daar sal nooit weer ’n Nenna wees nie. En ek het my smaak vir die oorspronklike fliek verloor nadat ek Shaleen op die verhoog in Shirley Valentyn gesien het."
Shaleen Surtie-Richards | ’n Huldeblyk | A tribute
2021-06-09Marlene le Roux, die hoof- uitvoerende beampte van die Kunstekaap, huldig Shaleen Surtie-Richards. | Marlene le Roux, the CEO of ArtsCape, remembers Shaleen Surtie-Richards.
In memoriam: Shaleen Surtie-Richards
2021-06-08"Shaleen, jy het met oorgawe geleef en ons almal se lewens op een of ander manier geraak. Die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het iemand groots verloor. Die gordyn het finaal en vir oulaas gesak."
Sonia Cabano, ek en Bruce Springsteen
2021-06-02"Want jy was een van ons. 'n Lewensgenieter. Maar meer nog, een met vuur in haar are. Een met kaiings en moerkoffie in haar bloed. Die vrou wat pampoen en perlemoen sexy gemaak het."