LitNet Akademies (Regte)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2020-10-01

"In teenstelling met Suid-Afrika, waar verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs as strafversagtende faktor by vonnisoplegging dien, sou hierdie verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland daartoe aanleiding gee dat moord met voorbedagte rade as manslag beskou sou word."

Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou 

André Mukheibir, Hennie van As LitNet Akademies (Regte) 2020-09-09

"Die versuim van plaaslike owerhede om amptenare en politici verantwoordbaar te hou, het tot gevolg dat munisipaliteite nie hul grondwetlike doelwitte bereik nie, wat ’n negatiewe uitwerking op die lewenskwaliteit van gemeenskappe het."

Vonnisbespreking: Quo vadis ondernemingredding?

Stefan van Eck, André Boraine LitNet Akademies (Regte) 2020-08-12

"South African Airways (AH) word teen die agtergrond van tersaaklike beginsels van die insolvensie- en ondernemingreddingsreg bespreek soos dit tans in die Suid-Afrikaanse reg toepassing vind."

Vonnisbespreking: Grondwetlike skadevergoeding as "nominale" en "verswaarde" skadevergoeding in dringende aansoeke

Emile Zitzke LitNet Akademies (Regte) 2020-08-12

"Op ’n dag het die Johannesburgse Metropolisie by die middelmannetjie opgedaag, die besittings van die hawelose mense op ’n trok gelaai en toe verdwyn."

Die koop en verkoop van kinders in Suid-Afrika – behoorlik gestraf, of ’n ware winskoop?

Beatri Kruger LitNet Akademies (Regte) 2020-06-24

"Veral kinders word as ’n maklik verhandelbare, sukkelvrye kommoditeit beskou. Hul kwesbaarheid, in die besonder wanneer handelaars hulle van hul gesinne en ander hulpbronne skei, maak hulle makliker om te manipuleer en te beheer."

Aantekening: Die deliktuele klas- of groepaksie in Suid-Afrika

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2020-06-22

"Die oogmerk of doel van hierdie bydrae is om perspektief te gee op die sogenaamde klasaksie (wat in ons reg nog grootliks in sy kinderskoene is) om aan te dui wat die funksie en vereistes daarvoor spesifiek op die gebied van die deliktereg is, en om terselfdertyd die enigste en daarom belangrikste beslissing op hierdie gebied onder die loep te neem."

AARTO: Beregtiging van verkeersmisdrywe of ontsegging van toegang tot die reg?

Deon Erasmus, Hennie van As LitNet Akademies (Regte) 2020-06-15

"’n Wet wat toegang tot die howe belet of belemmer, of wat die uitwerking het dat dit die uitvoerende gesag die mag gee om besluite oor regte te neem wat deur die regsprekende gesag geneem behoort te word, is ongrondwetlik."

Vonnisbespreking: Deliktuele vergoeding weens verlies (“bereavement”) as gevolg van ’n sterfgeval in die familie

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2020-04-14

"Daar kan met redelike sekerheid voorspel word dat die howe in die toekoms te doen sal kry met gevalle waar daar wel swaar verlies en verdriet voorkom weens die dood van ’n familielid sonder dat daar regtens vir die moontlikheid van deliktuele vergoeding voorsiening gemaak word."

Vonnisbespreking: Artikels 2(3) en 2A van die Wet op Testamente 7 van 1953 deel weer die kollig

Anél Gildenhuys LitNet Akademies (Regte) 2020-02-14

“Die beweerde testament het alle vorige testamente soos deur die oorledene gemaak, herroep en die geheel van die oorledene se boedel aan haar dogter (die appellant) bemaak.”

Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936

Melanie Roestoff LitNet Akademies (Regte) 2019-12-09

“Dit is onaanvaarbaar dat skuldeisers wat eise vir agterstallige onderhoud teen ’n insolvente boedel het waar die vrye oorskot onvoldoende is om die sekwestrasiekoste te dek, kontribusiepligtig gehou kan word.”

Vonnisbespreking: Risikoskepping en die middellike aanspreeklikheid van werkgewers: ’n belangrike ontwikkeling

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2019-12-06

“Sodanige verhoogde risiko van benadeling is in die besonder aanwesig waar werknemers in ’n posisie van vertroue of gesag, wat die moontlikheid van misbruik skep, geplaas is.”

Voorkomende geskilbeslegting by voogdyskap-, sorg- en kontakaangeleenthede in Suid-Afrika

Amanda Boniface LitNet Akademies (Regte) 2019-12-02

“Daar word bevind dat voorkomende reg moet pas by sowel die regstelsel in die geheel as by die unieke omstandighede van die betrokke gesin.”

Vonnisbespreking: Boelie kry op sy baadjie: Moes die skool gered het?

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2019-11-20

“Anders as in vervloë dae, wil dit egter voorkom of die gevolge van ’n fisieke aanranding deesdae ernstiger gevolge het.”

Seksuele teistering in die Suid-Afrikaanse werkplek vanuit ’n menseregtelike perspektief 

Anri Botes LitNet Akademies (Regte) 2019-11-01

“Seksuele teistering is een van die ernstigste vorme van wangedrag wat ’n werknemer kan pleeg.”

Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese “silwer koeël” of is dit ’n (berekende) skoot in die donker?

Juanita Pienaar LitNet Akademies (Regte) 2019-10-09

“Hierdie bydrae ondersoek die moontlikheid of die onlangse ontwikkelings, spesifiek onteiening sonder vergoeding, inderdaad grondhervorming gaan bevorder.”

Vonnisbespreking: Belastering van openbare figuur

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2019-08-22

"Hulle het geensins redelike stappe gedoen om van die lasterlike bewerings te verifieer nie en ook nie die applikant ’n kans gegun om op die bewerings te reageer nie."

Vonnisbespreking: Die grootte-klassifikasie van kredietfasiliteite ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005

Stéfan Renke LitNet Akademies (Regte) 2019-08-14

"Die doel van hierdie bespreking is om in die lig van die Collotype-beslissing die kategorisering van kredietfasiliteite in verskillende groottes ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (die Kredietwet) in oënskou te neem."

Vonnisbespreking: Die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid

Windell Nortje LitNet Akademies (Regte) 2019-06-05

"Die bekendmaking van die identiteit van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders by volwassenheid val wel binne die grondwetlike regte van die media, maar die 18-jarige se grondwetlike regte word terselfdertyd in sekere gevalle geskend waar die persoon se identiteit alombekend is en wydverspreid gepubliseer word."

Vonnisbespreking: Onregmatige arrestasie en daaropvolgende gevangehouding: die kousaliteitskwessie

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2019-04-29

"In De Klerk beslis die hof dat die onregmatige arrestasie en die daaropvolgende onregmatige aanhouding duidelik uitmekaar gehou moet word. Die polisie is slegs aanspreeklik vir die arrestasie en die twee ure aanhouding voordat die eiser voor die hof gebring is."

’n Kritiese betragting van die Gijima-uitsprake

Loammi Wolf LitNet Akademies (Regte) 2019-04-03

"Die dispuut in die Gijima-sake het onder meer daaroor gegaan of die remedies vir onregmatige administratiewe handelinge net die draers van die reg op administratiewe geregtigheid toekom en of die betrokke bepalings in die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 wyer uitgelê kan word om staatsorgane in te sluit."

Top