LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Die eliminering van die siel in die filosofiese mistiek en negatiewe teologie van die begyn Marguerite Porete (1250–1310)

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-07-20

"Wanneer die diskursiewe aweregsheid van haar teks met genuanseerde lesings in beskerming geneem word, tree Marguerite na vore as een van die mees provokatiewe denkers uit die Westerse ideëgeskiedenis."

Ouers se motivering om gestruktureerde spel bo ongestruktureerde spel te verkies tydens die voorskoolse ontwikkelingstadium

Yolanda Huijsamer, Issie Jacobs LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-07-14

"Hoewel erkenning gegee moet word aan die waardevolle bydrae van gestruktureerde spel tot voorskoolse kinders se ontwikkeling, is dit die balans tussen ongestruktureerde en gestruktureerde spel wat die grootste impak op voorskoolse kinders se ontwikkeling kan hê."

Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar

Carine Janse van Rensburg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-07-06

"Die poësie van Cussons gee meermale uiting aan haar intense begeerte om die wonder van die skepping, die Goddelike, die mistieke ervaring vas te vang."

Die herkoms van ’n aantal Afrikaanse uitdrukkings wat verband hou met die see

Annél Otto, Else Boekkooi LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-07-02

"Die doel van hierdie artikel is om aan te toon watter rol 17de-eeuse Nederlandse seemanstaal (en daarmee saam handelstaal) gespeel het in die totstandkoming van die Afrikaanse leksikon, meer spesifiek betreffende vaste uitdrukkings wat met die seetema verband hou."

Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin 

Marita Oosthuizen, Awie Greeff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-06-18

"Die transras-aanneemma kom voor spesifieke uitdagings te staan wat sy moet oorkom, byvoorbeeld die status van transrasaanneming, rassensitiwiteit en die welstand van haar kind."

’n Kritiese beskouing van Winfried Lüdemann se teoretisering oor ’n musikale versoeningsdialoog

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-05-25

"Gevolglik konsentreer hy daarop om ’n metodologie (of selfs ’n bloudruk) te ontwikkel wat die handhawing en eerbiediging van ’n diverse kultuurlandskap kan aanmoedig en ondersteun, sodat – ten minste waar musiek ter sprake is – Suid-Afrika se kulture in harmoniese en vredeliewende naasbestaan kan leef."

Omnium expetendorum prima est sapientia: Hugo van Saint-Viktor (1097–1141) en die probleem van hiperspesialisasie in die eietydse wetenskapsbegrip

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-04-09

"Behoort ’n student nie eerder deur ’n onderwysstelsel en opvoedingskultuur in staat gestel te word om eers 'geleerd' en 'behendig' te word as om so vroeg vakrelatief 'vertegniseer' te word nie?"

Postkoloniale feminisme in die Afrikaanse poësie: Die debute van Ronelda S. Kamfer, Shirmoney Rhode en Jolyn Phillips

Marni Bonthuys LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-03-26

"Die nuwe, gevarieerde insigte wat hierdie groep postkoloniale feministe na die tafel bring, kring egter wyer uit as die individu en gee in werklikheid agentskap aan gemarginaliseerde Afrikaanse vroue van álle rasse."

Persoonsnaamgewing onder die Xhosasprekendes van Suid-Afrika

Bertie Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-03-18

"Soos wat die naamdraers grootword, word hulle bewus van die positiewe eienskappe wat hulle name verteenwoordig, en streef daarna om dit uit te leef."

Verhoudingswelstand van adolessente in ’n Suid-Afrikaanse hoërisiko gemeenskap

Odette Geldenhuys, Izanette van Schalkwyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-03-05

"Alhoewel adolessente wel ’n goeie idee het van gesonde verhoudings, is positiewe interaksies hoofsaaklik in terme van die afwesigheid van krenkende gedrag of mishandeling, soos geweld, beskryf."

Die invloed van plek en ruimte op die identiteitskonstruksie van vrouemigrante binne die Suid-Afrikaanse konteks na aanleiding van Zebra crossing (2013) deur Meg Vandermerwe

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-02-24

"Studies oor migranteproblematiek ignoreer die unieke probleme wat vrouemigrante in gasheerlande ervaar, en hul posisie verdien veel meer aandag as wat tans die geval is."

Gemeenskapsvertaalpraktyk: Gewone taal vir die hervertaling van ’n bankteks

Adriaan Cupido, Harold Lesch LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-02-19

“Indien kliënte nie die dokumente wat hulle ontvang, verstaan nie, is hulle nie in ’n posisie om ingeligte besluite te kan neem of aktief in die samelewing te kan deelneem nie.”

Gehalteberiggewing in die buitekantoor van ’n Suid-Afrikaanse dagblad

Susan Cilliers, Thalyta Louw Swanepoel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-02-05

“Die doelwit was om praktiese riglyne te identifiseer en te formuleer wat joernaliste in buitekantore kan help om hul kantore doeltreffend te bestuur sonder om gehalte in te boet.”

“’n Pouse tussen oorsprong en bestemming”: Heterochronisiteit en laterale transnasionalisme in Marlene van Niekerk se Gesant van die mispels en In die stille agterkamer

Janien Linde LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-12-10

“Van Niekerk se tekste vernuwe telkens die verwagtinge van wat as goeie Afrikaanse letterkunde beskou word.”

Filmverwerking as interpretasie: Die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf

Adean van Dyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-11-27

“Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel?”

“In die mees intense oomblikke word alle afstande nul”: Relasionaliteit in Die derde spoel van S.J. Naudé

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-30

“Wat hierdie ondersoek binne die raamwerk van relasionaliteit toon, is dat Naudé se roman gestruktureer is rondom verlies.”

Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-21

Die troebel tyd skep ’n genuanseerde uitbeelding van depressie, ’n steeds gestigmatiseerde verskynsel in ons samelewing.”

’n Sisteemteoretiese ontleding van gebruikersinteraksies rondom Deon Meyer se Twitter-profiel: ’n resepsiestudie in die digitale era

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-15

“Omdat sosiale media gebruikers toelaat om self met skrywers en werke in gesprek te tree, skep dit nuwe geleenthede om spesifiek op die leser te fokus.”

Louis Althusser en Jacques Derrida. Raakpunte van sin en die sintuiglike in twee tydgenootlike tekste

Jaco Alant LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-15

“En die sintuiglike – woorde van die ervaringswêreld en ondervindelike – het juis weens Althusser en Derrida se tydgenootlikheid na vore getree as onderwerp.”

Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse militêre doktrine

Leopold Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-02

“Die punt is dat die Afrikaners op taktiese gebied – in sowel die Anglo-Boereoorlog as die Grensoorlog – ’n natuurlike instink gehad het wat hulle baie goed te staan gekom het. Op operasionele en strategiese vlak was dit egter ’n ietwat ander storie.”

Top