LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

“Binne ’n halfuur het ek wit geword”: Snypunte van gender, ras en klas in Suid-Afrikaanse fiksionele uitbeeldings van voorkoms

Jessica Murray LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-08-10

"Hierdie artikel ondersoek hoe snypunte van gender, ras en klas die beoordeling van vroue se voorkoms in uitgesoekte Suid-Afrikaanse fiksionele tekste beïnvloed."

Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se "Cooler as ekke"

Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-08-03

As deel van die onlangse neiging om niekanoniese repertoria in musikologiese studies in te sluit, fokus hierdie artikel op die Afrikaanse rapper Jack Parow se liedjie “Cooler as ekke” (2010). My ontleding berus op die rekonstruktiewe daarstelling van...

Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se "Cooler as ekke"

Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-08-03

"My ontleding  berus op die rekonstruktiewe daarstelling van ’n spekulatiewe konteks waardeur die liedjie as ’n bepaalde rap-identiteit benader kan word."

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-28

"Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige realiteite (futura) te skep."

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren 2011-07-28 Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige ...

'n Vergelykende studie van toelatingskriteria van 'n seleksie Suid-Afrikaanse universiteite

Isabella Venter, Renette Blignaut LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-20

"Daar is besluit om die toelatingskriteria vir verskeie universiteite te vergelyk. Die data van ’n steekproef van studente wat in 2009 by die Universiteit van Wes-Kaapland vir voorgraadse studie aanvaar is, is gebruik om die toelatingskriteria van geselekteerde universiteite te vergelyk."

Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies

Bertha Spies LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-14

"Hoe kan drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies verstaan en waardeer word wanneer tradisionele strukturele samehang, funksionele tonale harmonie en tradisionele operahelde respektiewelik ontbreek?"

Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies

Bertha Spies 2011-07-14 Hoe kan drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies verstaan en waardeer word wanneer tradisionele strukturele samehang, funksionele tonale harmonie en tradisionele operahelde respektiewelik ontbreek? Die doel van hierdie artikel is om

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte

Nina Botes (hoofskrywer), Neil Cochrane LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-07

"Hierdie artikel vorm die eerste deel van ’n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer."

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte

Nina Botes (hoofskrywer), Neil Cochrane 2011-07-07 Hierdie artikel vorm die eerste deel van ’n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer. Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die ...

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ’n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer

Nina Botes (hoofskrywer), Neil Cochrane LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-07

"Hierdie artikel vorm die tweede deel van ’n studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer."

Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur

Hennie van Coller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-06-22

"Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen 'hoë' en 'lae' vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid wat in die postmodernistiese era voorkom."

Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur

Hennie van Coller 2011-06-22 Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen “hoë” en “lae” vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid ...

Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-06-15

"Binne die raamwerk van sowel buitelandse digitaliseringsprojekte as die digitale geesteswetenskappe bespreek hierdie artikel die vordering wat binne die eerste jaar gemaak is, die lesse wat geleer is, en die potensiaal wat digitalisering binne die Afrikaanse letterkunde inhou."

Die Nasionale Party se amptelike beleid teenoor die kleurlingstemregkwessie, 1925–1939: Politieke opportunisme of beginselvastheid?

Clarence Williams LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-06-08

"Die vernaamste bevinding van hierdie artikel is dat die NP se beleid teenoor die kleurlinge nie beginselvas was nie, maar ’n voorbeeld van politieke opportunisme."

"My sonde is steeds voor my": Die rol van belydenis in C. Louis Leipoldt se Die heks (1923)

Thys Human (PTA) LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-05-25

"In hierdie artikel word die geldigheid van bogenoemde besware oorweeg aan die hand van die belangrike rol wat belydenis in Die heks speel."

Deugde en karaktersterktes as voorspellers van akademiese prestasie

Gert Kruger, Leon Ueckermann LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-05-19

"Die doel van hierdie studie was om empiriese data rakende die verhouding tussen akademiese prestasie en Peterson en Seligman (2004) se deugde wysheid en kennis te verskaf terwyl daar vir intelligensie gekontroleer word."

Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van 'n buitestander

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-05-11

"Die resultate van die ondersoek, die publikasies van Polebridge Press en die “On the road”-seminare dra by tot broodnodige gesprekke in die VSA oor die rol van godsdiens in die samelewing."

’n Bydrae tot die rangordebepaling van akademiese tydskrifte

Machteld Strydom LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-05-05

"In hierdie artikel word ’n algoritme beskryf wat poog om uit verwysingsdata ’n maatstaf van die invloed van ’n tydskrif in die akademiese omgewing te bepaal."

Deur die loergat: ’n Ondersoek na die voyeuristiese elemente in Johann de Lange se "Olympia"

Theo Kemp, Ronel Foster LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-04-20

"Die term voyeurisme word gewoonlik tot die gebied van die sielkunde gereken, waar dit gebruik word om ’n seksuele abnormaliteit of afwyking te beskryf. Hierdie siening stigmatiseer egter die verskynsel van voyeurisme as ’n perverse handeling."

Top